Noordwes rolbaloefengroep sluit al drie Breitenbach’s in
Die Noordwes rolbalkeurders het ‘n oefengroep aangewys wat weer op 3 Oktober in Klerksdorp aan finale proewe gaan deelneem vir die aanwys van Noordwes se A- en B- mans- en vrouespanne vir die nasionale toernooie. Die nuwe bestuur, onder aanvoering van Ronnie Palmer en visiepresident Jan Koekemoer, is vasbeslote dat Noordwes se spanne nie weer …
Die Noordwes rolbalkeurders het ‘n oefengroep aangewys wat weer op 3 Oktober in Klerksdorp aan finale proewe gaan deelneem vir die aanwys van Noordwes se A- en B- mans- en vrouespanne vir die nasionale toernooie.
Die nuwe bestuur, onder aanvoering van Ronnie Palmer en visiepresident Jan Koekemoer, is vasbeslote dat Noordwes se spanne nie weer so swak sal vaar soos in vanjaar se toernooie nie .Potchefstroom Rolbalklub se Breitenbach’s is al drie in die oefengroep: Pa Piet, ma Corrie en seun Pierre.
Pierre is pas terug van ‘n baie suksesvolle toernooi vir die Proteas in Lusaka, waar die span in al vier dissiplines goud gewen het. Pierre was die leier van die parespel en die vierspel met Parys se Rudie Jacobs wat die enkelspel oorheers het en ook die driespel tot goud aangevoer het.
Potchefstromers in die oefengroep is:
Mans: Chris de Wit (Potchefstroom Buiteklub), Gerrit van Rensburg (Potch Rolbalklub), Jabu Nkosi (Potchefstroom Buiteklub), Pierre Breitenbach (Potch Rolbalklub), Piet Breitenbach (Potch Rolbalklub), Pikkie Abbott (Potch Rolbalkub) en SP Botha (Potch Rolbalklub).
Corrie Breitenbach (Potch Rolbalklub) en Sega Mokoto (Weermag) is die enigste twee vroue van Potchefstroom in die oefengroep.



