SportSport

Ferdes en Gimmies is konings van die Muurbalbaan

Potchefstroom se beste skole muurbalspelers het hulle staal met raket in die hand en konsentrasie en deursettingsvermoë op hulle gesigte gedurende die seisoen bewys. Op die ou einde is daar maar altyd wenners en verloorders, soos Hoërskool Ferdinand Postma se vier seëvierende spanne wat elkeen ’n trofee ingepalm het. Ferdies het behoorlik oorheers in hulle …

Potchefstroom se beste skole muurbalspelers het hulle staal met raket in die hand en konsentrasie en deursettingsvermoë op hulle gesigte gedurende die seisoen bewys.

Op die ou einde is daar maar altyd wenners en verloorders, soos Hoërskool Ferdinand Postma se vier seëvierende spanne wat elkeen ’n trofee ingepalm het. Ferdies het behoorlik oorheers in hulle ligblou hemde waar die toepaslike “We will squash you” vir hulle teenstanders van Volkies, Gimmies en Boys High ’n herinnering was. Potchefstroom Gimnasium het ook uitgeblink met Charlotta Loggenberg wat haar vaardighede op die baan in die gemengde liga ten toon gestel het.

IMG_9748 IMG_9741 IMG_9744

 

Gimmies se A-span het die gemengde liga gewen, met Girls High wat die dogters B-liga gewen het. Die uitslae van 16 September se wedstryde is as volg:

Gemengde A liga: Gimmies A wen Boys High A 141 – 136, Gimmies B wen Volkies A 9 – 4

Gemengde B liga: Gimmies C wen Boys High B 10 – 6, Gimmies D verloor teen Ferdies C 101 – 163

Meisies A liga: Gimmies A wen Girls High A, Gimmies B verloor teen Volkies A 108 – 122.

Meisies B liga: Gimmies C wen Gimmies D 137 – 71

Gemengde A Liga

1) Gimmies A,

2) Boys High A,

3) Ferdies A,

4) Gimmies B,

5) Volkies A

Gemengde B Liga

1) Ferdies B,

2) Ferdies C,

3) Boys High B,

4) Gimmies C,

5) Gimmies D,

6) Volkies B

Dogters A Liga

1) Ferdies A,

2) Gimmies A,

3) Girls High A,

4) Volkies A,

5) Gimmies B

Dogters B Liga

1) Girls High B,

2) Gimmies C,

3) Gimmies D

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button