Groot Potch krieketkragmeting in Senwes Premierliga dié naweek
Hierdie Saterdag, 14 November, gaan die tradisionele kragmeting in Potchefstroom plaasvind met Potch Dorp wat teen NWU Pukke op Witrand speel. Saterdag, 7 November 2015, het die agtste ronde van die Senwes Premier A 50 beurt klub krieket liga plaasgevind. Opsomming van die afgelope naweek se wedstryde is soos volg: Premier A: Vaal Reefs I …

Hierdie Saterdag, 14 November, gaan die tradisionele kragmeting in Potchefstroom plaasvind met Potch Dorp wat teen NWU Pukke op Witrand speel.
Saterdag, 7 November 2015, het die agtste ronde van die Senwes Premier A 50 beurt klub krieket liga plaasgevind.
Opsomming van die afgelope naweek se wedstryde is soos volg:
Premier A:
Vaal Reefs I teen NWU Pukke (op Victory Park)
Vaal Reefs I het die loot gewen en besluit om te boul
NWU Pukke 236/7 in 50 beurte
Ruben Bouwer 87 (van 105 balle), Rohan Kruger 43 (van 55 balle), Shane de Beer (7-1-31-2).
Vaal Reefs 146/10 in 44 beurte
Shane de Beer 36* (van 81 balle), Armand Erasmus (8-2-11-3), Henning du Plooy (10-0-38-3), Max Sereo (6-0-18-2).
NWU Pukke wen met 90 lopies
Ibbies teen Potch Dorp I (op Witrand)
Potch Dorp I het die loot gewen en besluit om te boul.
Ibbies 276/9 in 50 beurte
Brendell Wessels 87 (van 109 balle), Elmar van Wyk 80 (van 102 balle), JP le Roux (10-0-40-7), William Malebo (6-0-33-2)
Potch Dorp I 258/10 in 48.1 beurte
Redge Saayman 72 (van 106 balle), Jacques Strydom 41 (van 41 balle), Armand Strydom 39 (van 40 balle), De Wet Coertzen (7.1-1-37-3), Elmar van Wyk (10-2-29-3).
Ibbies wen met 18 lopies
Taurus teen Impala Precrete I (op Olympia Park)
Impala Precrete I het die loot gewen en besluit om te kolf.
Impala Precrete I 299/4 in 50 beurte
Pieter van Niekerk 109 (van 137 balle), Vian Maritz 68 (van 78 balle), Tianne Mostert 45* (van 31 balle).
Taurus 122/10 in 27.1 beurte
Ruan Janse van Rensburg 73* (van 65 balle), Sipho Mashele (8.1-1-37-4), Duanne Bodenstein (8-1-52-3), Linton Terblanche (5-0-24-2).
Impala Precrete I wen met 177 lopies
Potch Dorp II teen Ikageng I (op Hoër Volkskool)
Ikageng I het die loot gewen en besluit om te boul
Potch Dorp II 184/10 in 47.2 beurte
JJ Jacobs 37 (van 43 balle), Wouter Ras 34 (van 29 balle), Reabetswe Dikgatswe (9.2-3-33-3), Goodstaff Madiehe (8-3-19-2).
Ikageng I 89/10 in 22.3 beurte
Goodstaff Madiehe 25 (van 20 balle), Wouter Ras (7.3-1-13-5), JP Botes (3-0-18-2), Ruan Nel (4-2-21-2).
Potch Dorp II wen met 95 lopies
Lichtenburg I teen Merafong City I (op Lichtenburg Oval)
Lichtenburg I het die loot gewen en besluit om te kolf
Lichtenburg I 272/10 in 47.1 beurte
Muhammed Suliman 63 (van 67 balle), Christo Erasmus (8-0-67-3), Rickey Hartley (10-0-26-3).
Merafong City I 140/10 in 22.2 beurte
Calvin van Rensburg 67 (van 48 balle), Muhammed Suliman (5.2-0-32-3), Alwyn Hanekom (5.2-0-32-3)
Lichtenburg I wen met 132 lopies
Wedstryde vir die komende naweek 14 November 2015 is soos volg:
Premier A: Ibbies teen Impala Precrete I op Puk Oval, Vaal Reefs I teen Potch Dorp II op Victory Park, Potch Dorp I teen NWU Pukke op Witrand, Ikageng I teen Lichtenburg I op Mohadin Oval en Taurus teen Merafong City I op Ibbies Oval.
Premier B: Klerksdorp Travellers I teen Potch Defence op Old Markotter, Ramblers teen NWU Dolfyne in Vryburg en Impala Precrete II teen Vaal Reefs II op Olympia Park.



