SportSport

Marksman Archery ryg die medaljes in

Marksman Archery het Noordwes op 16 Januarie by die Vrystaatse Provinsiale ABO boogskiet kampioenskappe verteenwoordig. Marksman Archery het inskrywings in elf verskillende klasse gehad. In hierdie klasse was daar nasionaal 33 medaljes beskikbaar, waarvan Marksman Archery se skuts 14 ingepalm het.Daar was ook ses spanmedaljes nasionaal beskikbaar, waarvan Marksman Archery drie verower het. Hierdie prestasies …

Marksman Archery het Noordwes op 16 Januarie by die Vrystaatse Provinsiale ABO boogskiet kampioenskappe verteenwoordig. Marksman Archery het inskrywings in elf verskillende klasse gehad. In hierdie klasse was daar nasionaal 33 medaljes beskikbaar, waarvan Marksman Archery se skuts 14 ingepalm het.Daar was ook ses spanmedaljes nasionaal beskikbaar, waarvan Marksman Archery drie verower het. Hierdie prestasies is uitsonderlik, gegewe die gure weerstoestande waarin die kompetisie plaasgevind het.

Die volgende medaljes is toegeken:

Niel Daniel – MBO – Silwer, Leon Heydenrych – MBR – Goud, PW Botes – MBR – Silwer, Marco Jansen van Vuuren – MBR – Brons, Hennie Niemand – AHC – Silwer, Talitha Niemand – FHC – Brons, Marcus Ewen – FB – Goud, Hennie Kok – MHC – Goud

Barend du Plessis – MAE – Goud, André du Plessis – MAE – Brons, Eugene du Plessis – X-BOW – Goud, Harmen van der Linde – HCA – Goud, Marx Steenkamp – MC – Silwer, Luchané Roux – FB – Goud. Die spanne het as volg gevaar:Marksman 1 – Goud: Leon Heydenrych, Niel Daniel, PW Botes, Marco Jansen van Vuuren,

Marksman 3 – Brons Johan Nel, Hennie Niemand, Hennie Kok, Aldo de Wet. Marksman 4 – Silwer Tinus du Plessis, Sarita du Plessis, André du Plessis en Barend du Plessis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button