SportSport

Kruger is klubkampioen

Die afgelope naweek 12 en 13 Maart is die klubkampioenskappe van die Potchefstroomse Buiteklub gehou. ‘n Totaal van 75 spelers het ingeskryf om in drie afdelings (A-afdeling tot en met ‘n 9 voorgee, B-afdeling van 10 tot 15 voorgee en C-afdeling vanaf 16 tot 36 voorgee) te speel. Die spelers het skitterende gholf gespeel en …

Die afgelope naweek 12 en 13 Maart is die klubkampioenskappe van die Potchefstroomse Buiteklub gehou. ‘n Totaal van 75 spelers het ingeskryf om in drie afdelings (A-afdeling tot en met ‘n 9 voorgee, B-afdeling van 10 tot 15 voorgee en C-afdeling vanaf 16 tot 36 voorgee) te speel.

Die spelers het skitterende gholf gespeel en ‘n totaal van 3 arende en 193 voëltjies is oor die twee dae behaal. Die gemiddelde rondte vir die A-afdeling was 76,8, B-afdeling 88,9 en C-afdeling 95. Daar is ook in ouderdomsgroepe meegeding.

Die wenners in die ouderdomsgroepe is:

Juniors (o.19): Christiaan Burke met 143 houe (-1)

Mid Amateurs (tussen 30 en 50): Christo Peens met 142 houe (-2)

Seniors (tussen 50 en 60) : Simon Pretorius met 157 houe

Super seniors (bo 60 jaar) : Joe Wood met 149 houe

Die wenners in die Nett-afdelings (na voorgee afgetrek is) was:

A-afdeling: Juan Combrinck met ‘n netto telling van 136

B-afdeling: Lappies Labuschagne met ‘n netto telling van 139

C-afdeling: Lourie van der Merwe met ‘n netto telling van 140.

 Die klubkampioene vir 2016 is:

A-afdeling: Francois Kruger met ‘n telling van 138 (-6): Die klubkampioen.

B-afdeling: Manie Smit met ‘n telling van 156

C-afdeling: Johan Coetzee met ‘n telling van 171

*Die kompetisie op Woensdag 9 Maart het uitgereën.

*Die volgende groot geleentheid by die klub is die Willows-toernooi wat oor die Paasnaweek, 25 tot 28 Maart aangebied word. Dit is ‘n parespel-kompetisie oor vier dae, met pryse vir elke dag, asook vir die naweek. Die formaat van elke dag verskil, wat die kompetisie net meer interessant maak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button