SportSport

Rugby League gaan van krag tot krag in Noordwes

Die vestiging van Rugby League in Noordwes het na jarelange pogings gestalte gekry, nadat dié dertienman-kode by Potchefstroom Dorp Rugbyklub verwelkom is. Die afgelope seisoen was met hoogtepunte gevul en was ’n uitstekende begin vir league in Potchefstroom. Die verstandhouding tussen League en SARU se president, Oregan Hoskins, was dat league verwelkom word mits dit …

Die vestiging van Rugby League in Noordwes het na jarelange pogings gestalte gekry, nadat dié dertienman-kode by Potchefstroom Dorp Rugbyklub verwelkom is.

Die afgelope seisoen was met hoogtepunte gevul en was ’n uitstekende begin vir league in Potchefstroom.

Die verstandhouding tussen League en SARU se president, Oregan Hoskins, was dat league verwelkom word mits dit rugby in die algemeen bevorder. Hieraan is gestalte gegee en die ontwikkeling en spelverbetering van spelers het drasties verander om die nuwe unie seisoen beter toegerus tegemoet te gaan. Bo en behalwe dat Potchefstroom Dorp die diep kant van league ingegooi is, het sy league klubspan, the Western Vikings, uitsonderlik vertoon en twee uiters belangrike wedstryde op hul kerfstok geplaas.

Potch Dorp het die sterk Bearsspan van Kemptonpark wat heel bo aan die punteleer was, met 34-32 geklop, maar beter was die verrassing toe Sonny Bill Williams se blouoogspan, die beroemde Amerikaanse Universiteit van Beiroet, met 54-22 deur Potch Dorp verslaan is. Noordwes se provinsiale leaguespan, die Western Warthogs het die byna onmoontlike reggekry om deur te dring na die semi-finaal om die Jan Prinsloo Provinsiale Rugby League-trofee, om naelskraap teen die Pantherspan van Middelburg te verloor. Die jaar het op ‘n uitsonderlike hoogtepunt geëindig en het selfs uit die buiteland komplimente ontvang.

Dit was belangrik om die provinsie in vier streke te verdeel. Bestaande klubs sal genader word om ook league te speel en om veral die belangrikheid van rugby by skoolkinders tuis te bring. Ontwikkelingsprogramme gaan geïmplementeer word wat ondersteunend sal wees van dit wat unie aanbied. Terselfdertyd kan league hand bysit om die finansiële druk by klubs te help verlig, deur met sekere owerhede te skakel. Potchefstroom Dorp Rugby- klub is ‘n voorbeeld van wat vermag kan word. Dit moet bygesê word dat Rugby League vir baie klubs ’n nuutjie is, maar die belangstelling is daar om die gehalte van hul spelers te verbeter.

Belangstelling aan die kant van die gemeenskap was opvallend. Die gedagte om Potchefstroom Dorp Rugbyklub ’n gemeenskapsklub te maak waar families kan ontspan en na rugby kan kom kyk, is steeds die oogmerk. Sakelui van Potchefstroom gaan nouer betrek word om die klub te ondersteun.

Die gesindheid tussen league en unie word allerweë verwelkom. Die Luiperds Rugby Unie het ’n beroep op unieklubs in die provinsie gedoen om by league in te skakel. Rugby League het ’n paar jaar gelede ruim gebruik gemaak van die fasiliteite van die plaaslike universiteit. Die plan is om vanjaar internasionale wedstryde na Potchefstroom te bring en om Noordwes ‘n waardige league provinsie te maak.

Plaaslike owerhede in die provinsie het die afgelope jaar groot belangstelling in league begin toon en die feit dat league nie oral ontwikkel is nie, is omdat die grondslag op klubvlak eers deeglik beproef word.

Die verdere beplanning en bekendstelling van league sal deurlopend onder die aandag van SARU en veral die Luiperds Rugby Unie gehou word omdat grotendeels van dieselfde spelers gebruik gemaak gaan word.

Duidelike beplanning vorm deel van ‘n goed omvattende ontwikkelingsprogram vir Noordwes vir 2016 en vorentoe.

Minstens 80 rugbyspelers is as unie- en leaguespelers by die klub geregistreer en Potchefstroom Dorp Rugby- klub is netjies opgeknap, terwyl die Luiperds Rugby Unie ’n  wakende oog hou en hand bysit waar moontlik.

Dit was en is steeds die oogmerk om die administrateurs wat diep spore in die geskiedenis van die klub getrap het en spelers wat hul kant gebring het, deurlopend te vereer en om daardeur ‘n wen en gesonde sportmangees te kweek.

Hier is nog Rugby League stories:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/7265/rugby-league-se-vikings-reg-vir-die-libanese/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/5819/rugby-league-se-groot-een-gemeenskap-inisiatief/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/8562/fotos-western-vikings-kelder-die-amerikaanse-universiteit-van-beiroet-in-rugby-league-stryd/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/5322/vikings-jag-bears-in-merkwaardige-rugby-league-sege/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button