SportSport

Potch Dorp Rugbyklub herdenk 125 jaar

Die groot dag het aangebreek! Potch Dorp Rugbyklub het op 23 April ’n saamtrek van oudspelers, administrateurs en manne wat in die geskiedenis van die klub diep spore getrap het. Op dié dag gaan rugby gespeel word en die plan is om die verrigtinge die aand af te sluit met ’n vleisbraai. Volgens die sameroeper …

Die groot dag het aangebreek!

Potch Dorp Rugbyklub het op 23 April ’n saamtrek van oudspelers, administrateurs en manne wat in die geskiedenis van die klub diep spore getrap het. Op dié dag gaan rugby gespeel word en die plan is om die verrigtinge die aand af te sluit met ’n vleisbraai.

Volgens die sameroeper van die klub se feeskomitee, Jan Prinsloo, gaan ’n handjievol manne wat uitgenooi word, op luisterryke wyse die aand onthaal word.

Een van die hoogtepunte sal ’n spesiale geleentheid wees waartydens onderhandelings met SARU vir ’n verrassing sal sorg. Hoewel die klub reeds verlede jaar 125 jaar oud was, is besluit om die geselligheid later te hou en om die nuwe bestuur ’n geleentheid te bied om hul voete te vind. Sedert dit gebeur het, gaan dit sommer stukke beter met die klub en word ’n besondere gees van ondersteuning reeds by die spelers en administrateurs waargeneem.

Die eerste hoogtepunt van die klub se feesprogram was die onthulling van ’n gedenksteen op Ou Markplein verlede jaar, waar Potchefstroom Rugby Football Club sy eerste wedstryd teen Klerksdorp gespeel het.

Almal wat ’n bydrae tot die klub se voorspoed gelewer het, kan egter nie  opgespoor word nie, en die Luiperds Rugby Unie se kantoor is gevra om hand by te sit met die uitnodigings. Potchefstroom dorp speel vanjaar kookwater rugby en dit word toegeskryf aan die “af” seisoen toe die manne hulself met Rugby League besig gehou het. Persone wat meer besonderhede oor die feestelikhede wil hê, kan met Jan in verbinding tree by e-pos: thuso17@gmail.com en 073 963 7021 of met Annatjie Jordaan by Annatjie.Jordaan@nwu.ac.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button