SportSport

Varsitybeker: Verhoor uitgestel tot Mei

 Die verhoor rakende die Varsitybeker-dispuut tussen NWU-Pukke en die Universiteit van KwaZulu Natal rondom die oortreding van Varsitybekerregulasies, is vanmiddag, 23 April 2016 in Kaapstad uitgestel. Die verhoor waarop alle Potchefstromers hulle ore gespits het vir die uitslag rondom Puk-speler Bart le Roux is volgens Varsitybekerbestuur uitgestel om meer kans aan beide partye te gee …

 Die verhoor rakende die Varsitybeker-dispuut tussen NWU-Pukke en die Universiteit van KwaZulu Natal rondom die oortreding van Varsitybekerregulasies, is vanmiddag, 23 April 2016 in Kaapstad uitgestel.
Die verhoor waarop alle Potchefstromers hulle ore gespits het vir die uitslag rondom Puk-speler Bart le Roux is volgens Varsitybekerbestuur uitgestel om meer kans aan beide partye te gee om hulle saak met tersaaklike dokumentasie en bewyse te staaf.

 Die Varsitybekerbestuur het vandag ‘n perskverklaring uitgstuur waarin die Varsitybeker se Hoof Uitvoerende Beampte, Duitser Bosman, genoem het dat die saak tot in die begin van Mei uitgestel sal word.

“Adv. Robert Stelzner, wat optree as die onafhanklike voorsitter, het beslis dat die saak  uitgestel moet om dokumentasie te toets en persoonlike getuies aan te hoor. Dit is belangrik om duidelikheid oor die belangrike kwessies in die dispuut te kry,” sê Bosman.

 “Dit is duidelik dat ons hard gewerk het om hierdie saak so spoedig moontlik af te handel. Maar uit respek vir ‘n behoorlike regsproses en die belangrikheid van hierdie saak, is adv. Stelzner se uitspraak deur beide partye ondersteun,” het Bosman verseker.

 

 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button