Mooirivier wen Super 12-skaakkompetisie
Die 18de weergawe van die gesogte Super 12-kompetisie het op 7 Mei weer by die Universiteit van Pretoria plaasgevind. Laerskool Mooirivier het van die groter skole verras toe hulle as die wenner gekroon is. “Dit is ‘n absolute fantastiese ervaring om nou as die beste skaakskool in die land gereken te word. Dit maak my …
Die 18de weergawe van die gesogte Super 12-kompetisie het op 7 Mei weer by die Universiteit van Pretoria plaasgevind. Laerskool Mooirivier het van die groter skole verras toe hulle as die wenner gekroon is. “Dit is ‘n absolute fantastiese ervaring om nou as die beste skaakskool in die land gereken te word. Dit maak my geweldig trots. Potchefstromers kan ook opreg trots voel oor hul briljante skaakspelers,” het Chris Greyling, Mooirivier se skaakafrigter gesê.
Elke jaar sê 23 van die sterkste skole mekaar die stryd aan. Makro-skole en van SA se sterkste skole soos Wierdapark, Constantiapark, Menlopark, Fontainebleau, Hennopspark, Pietersburg en Rustenburg, om ‘n paar te noem, is gedugte teenstanders. Sedert die ontstaan van die kompetisie was Menlopark en Wierdapark al vyf keer die kampioene.
Uitslae:
1) Laerskool Mooirivier: 69.5 punte. 2) Laerskool Fontainebleau: 68.5 punte
3) Wierdapark 65.5 punte
4) Hennopspark 60.5 punte
5) Constantiapark 59.5 punte



