SportSport

Lewensredders is nasionale kampioene

Sewe van Potchefstroom se lewensredders is deel van die Harties Reflections span (van Hartbeespoortdam) wat as algehele wenners aangewys is in die jaarlikse SA Nasionale Stilwater Lewensreddingkampioenskappe. Die kampioenskappe het oor vier dae gestrek van 28 April tot 1 Mei en is vanjaar weer in Durban aangebied. Die Harties Reflections span het 25 ander klubs …

Sewe van Potchefstroom se lewensredders is deel van die Harties Reflections span (van Hartbeespoortdam) wat as algehele wenners aangewys is in die jaarlikse SA Nasionale Stilwater Lewensreddingkampioenskappe.

Die kampioenskappe het oor vier dae gestrek van 28 April tot 1 Mei en is vanjaar weer in Durban aangebied. Die Harties Reflections span het 25 ander klubs uitgestof om as algehele wenners uit die stryd te tree, nadat Harties se juniors (bekend as Nippers) derde in die junior-afdeling geëindig het en die seniors tweede in die senior-afdeling, slegs 20 punte agter die wenners, Marine Lifesaving van Durban.

Harties se junior en senior gesamentlike puntetelling was 1 500, gevolg deur Sun Coast Pirates (1 111 punte) en Marine Lifesaving (1 015) in die derde plek. Wat die oorwinning so merkwaardig maak, is die feit dat die relatiewe jong span van Harties Reflections, wat boonop ‘n binnelandse span is, al die spanne van die kus oortuigend gewen het. Hierdie spanne is al meer as 100 jaar betrokke by lewensredding en spesialiste op die gebied.

Die lewensredders van Potchefstroom wat vir Harties Reflections deelgeneem en uitgeblink het, is:

Juniors: Aiden Nel (seuns 8 jaar) met vier goue-, twee silwer- en een bronsmedalje. Hy het ook twee nuwe SA-rekords, nl. in die 50m Manikin Carry en 50m Obstacle Pool, opgestel. Aiden was saam met ‘n spanmaat van Harties ook algeheel eerste in sy ouderdomsgroep. Tiaan Rossouw (seuns 10 jaar) met een brons medalje, Reynard Rossouw (seuns 12 jaar) met drie goue, vier silwer en een bronsmedalje.

Seniors: Botha du Toit (mans 15 jaar) met twee goue- en drie silwer medaljes. Botha was deel van die Noordwes mans aflosspan wat in die mans 14-15 jaar 200m 4x50m Combined Medley Relay die SA-rekord, wat al 10 jaar staan, op skouspelagtige wyse verpletter het. Rudy van Graan (mans 16 jaar) met drie silwer en drie bronsmedaljes, was algeheel derde in sy ouderdomsgroep.

Hy is ook gekies vir die National Stillwater Academy Squad wat in November Suid-Afrika in Nederland sal verteenwoordig. Rudy is ook as reserwe vir die 2016 Rescue Span gekies. Annien Muller (dames 16 jaar) met twee goue medaljes was algeheel derde in haar ouderdomsgroep en is ook gekies vir die National Stillwater Academy Squad. Anja Boucher (dames 16 jaar) het een bronsmedalje verower. Belangstellendes in Potchefstroom wat meer oor die sport of deelname te wete wil kom, kan Elsa du Toit (Potch koördineerder) by 076 619 4207 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button