SportSport

Pukke puik by USSA’s

NWU-Pukke se atletiekroom het by die USSA-kampioenskappe by die Universiteit van Limpopo vanaf 29-30 April weer hulle staal gewys en die spankompetisie met 327 punte gewen. UJ was ‘n kortkop agter met 316 en Tuks was derde met 261 punte.* Caster Semenya het in haar tuisprovinsie weer uitgeblink en ’n  goue driekuns in die 400, …

NWU-Pukke se atletiekroom het by die USSA-kampioenskappe by die Universiteit van Limpopo vanaf 29-30 April weer hulle staal gewys en die spankompetisie met 327 punte gewen. UJ was ‘n kortkop agter met 316 en Tuks was derde met 261 punte.*

Caster Semenya het in haar tuisprovinsie weer uitgeblink en ’n  goue driekuns in die 400, 800 en 1 500m behaal.

Tshepang Makhete en Stefanie Greyling was ook uitblinkers in die hamergooi. In totaal het Pukke 32 medaljes verower waarvan 11 goud, 12 silwer en nege brons was.

Volgens die atletiekbestuurder by NWU Puksport, Terseus Liebenberg, was hierdie’n  fenomenale spanpoging wat tot Pukke se sukses gelei het.

“Dit was ‘n taai byeenkoms maar Pukke het presteer op die regte oomblikke. Almal het bygedra tot die puik vertoning. Krediet moet ook aan al die uitstekende afrigters gegee word,”

Medaljewenners:

Goud:

  • Stefanie Greyling – hamergooi: 54.09m
  • Jo-Ané van Dyk – spiesgooi: 50.87m
  • Julia du Plessis – hoogspring: 1.84m
  • Caster Semenya – 400m: 52.52 800m: 2:03.59, 1500m: 4:31.12
  • Pieter Conradie – 400m: 45.86
  • RantsoMokopane – 3000m hindernis: 9:03.84
  • Stephan Beukes – spiesgooi: 75.23m
  • TshepangMakhete – hamergooi: 65.57
  • Cynthia Tsetsewa, Danel Holton, Ariane Nel, Caster Semenya – 4x400m vroue: 3:44.95

Silwer:

  • Letitia Janse van Vuuren – hamergooi: 51.12m
  • Megan Wilke – spiesgooi: 50.49
  • Anri Salim – sewekamp: 4275 punte•Ariane Nel – 400m: 55.69
  • Melissa Swanepoel – 200m: 24.07.
  • GenaLöfstrand – 800m: 2:07.05
  • Carina Swiegers – 3000 hindernis: 11:45.81
  • Allan Cumming – hamergooi: 61.16m
  • Hardus Maritz – 400mH: 50.50
  • Ruan Murray – gewigstoot: 15.75m
  • Brandon Barnard – tienkamp: 6380 punte
  • Theodor Young, Schalk Burger, KoketsoMogapi, Chederick van Wyk: 4x100m mans

Brons:

  • Gezelle Bernard – spiesgooi: 44.93m
  • Cynthia Tsetsewa – 400mH: 59.73
  • Ashley Nieuwenhuyzen – diskus: 44.85m
  • SherileneGelderblom – 5 000m: 18:27.01
  • Ariane Nel – 200m: 24.08
  • Melissa Swanepoel – 100m: 11.87
  • Johan Grobler – spiesgooi: 73.75m
  • Schalk Burger, Stefan Bruwer, Hardus Maritz, Lloyd Qhoba – 4x400m: 3:12.41

* Nie amptelike uitslag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button