SportSport

Noordwes-finaal by Buiteklub

Die Buiteklub is Saterdag gasheer vir die finaal van die Noordwes Gholfunie se Voorgeeliga. Sondag is die tweede rondte van die Nul Voorgee Liga by Orkney se gholfklub. Ander nuus van die Buiteklub: *Op Woensdag 4 Mei is ‘n “medal” kompetisie aangebied en die wenners was: 1e – Coenie Schoonhoven met ‘n netto telling van …

Die Buiteklub is Saterdag gasheer vir die finaal van die Noordwes Gholfunie se Voorgeeliga. Sondag is die tweede rondte van die Nul Voorgee Liga by Orkney se gholfklub.

Ander nuus van die Buiteklub:

*Op Woensdag 4 Mei is ‘n “medal” kompetisie aangebied en die wenners was:

1e – Coenie Schoonhoven met ‘n netto telling van 68

2e – Fanie Campher met ‘n netto telling van 69

3e – Joe Wood met ‘n netto telling van 71

*Vrydag 13 Mei se vleiskompetisie is deur Nick Kalamaras gewen.

*Op Saterdag 14 Mei het die reën uitgesak en die kompetisie is uitgestel tot 28 Mei, wanneer die klub sy Sanlam Kanker Uitdaag-kompetisie sal hou.

*Op Sondag 15 Mei is die streeksfinale van die Windhoek Lager Internasionale Pare-kompetisie by die Klub gehou. Die wenners was:

1e – Piet Swart en Gerrie Mentz van Stella Gholfklub met 45 punte

2e – Theunis Adendorf en Tertius Brits van Standerton Gholfklub met 44 punte

3e – Eduan Booyens en Johan Badenhorst van Orkney Gholfklub met 42 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button