SportSport

Gimmies se hokkiedogters kry oorhand teen Volkies

Een doel was al wat nodig was op ’n koue wintersaand om Gimmies en Volkies se eerste dogtershokkiespanne te skei. Gimmies het breed geglimlag met hulle 1-0 sege danksy Micaela Groenewald se doel vroeg in die eerste helfte. Altwee spanne het hulle alles op die NWU-Puk Astro gegee en Volkies kom maklik ook ‘n doel …

Een doel was al wat nodig was op ’n koue wintersaand om Gimmies en Volkies se eerste dogtershokkiespanne te skei. Gimmies het breed geglimlag met hulle 1-0 sege danksy Micaela Groenewald se doel vroeg in die eerste helfte.

Altwee spanne het hulle alles op die NWU-Puk Astro gegee en Volkies kom maklik ook ‘n doel of twee aangeteken het. Gimmies sal voel dat hulle vertoning wel meer as een doel werd was, maar ‘n wen bly ‘n wen maak nie saak hoe ver nie.

Heili Potgieter het ‘n goeie wedstryd vir Volkies gehad, sowel as kaptein Lize-Mari de Lange wat baie besig oral op die Astroturf was.

Devon Pottas was ook goed op die aanval vir Gimmies en het baie geleenthede vir haar spanmaats geskep.

Albei Gimmies en Volkies se ondersteuners was gewillig om hulle stemme hees van die kantlyn te skree elke keer as dit lyk asof hulle span n doel kan aanteken. Wanneer n poging die doelhok mis of gestuit word, was daar ‘n groot sug – een van verligting en een van amper daar!

Gimmies se kaptein Ermaret Viljoen het vroeër die week genoem dat haar span die wil om te wen het. Duidelik het dit waar geword en die span onder leiding van die ervare Sulette Damons kan gerus die oomblik geniet – hulle is immers die 2016 Classic Clash kampioene.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button