SportSport

Dis nou of nooit vir Flames in halfeindstryd teen Crinums

Die Noordwes-Flames se netbalspan is slaggereed en oorgehaal om Vrydag vir sy eerste eindstryd in die Brutal Fruit-premierliga te kwalifiseer. Die Flames kom om 18:00 (regstreeks op SuperSport Select) in die halfeindronde teen die Vrystaat-Crinums te staan. Die Crinums het in 2014 en 2015 se reeks koning gekraai, maar het verlede maand in die groepfase …

Die Noordwes-Flames se netbalspan is slaggereed en oorgehaal om Vrydag vir sy eerste eindstryd in die Brutal Fruit-premierliga te kwalifiseer.

Die Flames kom om 18:00 (regstreeks op SuperSport Select) in die halfeindronde teen die Vrystaat-Crinums te staan. Die Crinums het in 2014 en 2015 se reeks koning gekraai, maar het verlede maand in die groepfase met 44-55 teen die Noordwesters vasgeval. Dit was die Flames se eerste oorwinning oor die Crinums in ses probeerslae.

Volgens Nadia Uys, kaptein van die Flames, is daar ’n sterk wil om te wen, veral aangesien hulle dikwels in die verlede naby gekom het. In 2014 se halfeindstryd teen die Noord-Gauteng Jaguars het die Noordwesters met slegs twee doele vasgeval.

Die Flames het verlede naweek ’n loslootjie gehad aangesien hulle regstreeks vir die halfeindronde gekwalifiseer het, maar die span het volgens Uys nie leeggelê nie.

“Soms kan so ’n ruskans moontlik jou ritme breek, maar ons was pal op ons WhatsApp-groep om idees uit te ruil en plannetjies vir die Crinums te beraam. So ek twyfel of ons fokus verlore is. Die finale stategieë sou die week ingeoefen word,” het die 26-jarige Uys, ’n aanvallende vleuel, gesê.

Volgens haar het die Crinums verbetering getoon sedert hulle op 16 April teen die Flames verloor het.

“Dit gaan belangrik wees om presies te weet wat die sleutelspelers van die Crinums se sterkpunte is en ’n teenvoeter daarvoor te hê.

“Karla (Mostert, Protea-hulpverdediger) het ’n mate van selfvertroue vir hulle gebring.  Dit gaan belangrik wees om koelkop onder druk te bly. Die Crinums het genoeg ervare spelers om koel en kalm te bly wanneer die druk hoog is.”

Bron: SA Netbal

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button