SportSport
Wen kaartjies om die Springbokke te gaan kyk met Potch Dorp Rugbyklub
Potchefstroom Dorp Rugbyklub bied ’n fantastiese Springbokervaring aan met Potchefstromers wat die kans het om die wedstryd tussen Suid-Afrika en Ierland te gaan kyk. Hierdie toetswedstryd gaan op 18 Junie op Emirates Airline Park in Johannesburg plaasvind. Daar is slegs 250 kaartjies beskikbaar en die koste per kaartjie beloop R200. Dit is beslis iets om …
Potchefstroom Dorp Rugbyklub bied ’n fantastiese Springbokervaring aan met Potchefstromers wat die kans het om die wedstryd tussen Suid-Afrika en Ierland te gaan kyk. Hierdie toetswedstryd gaan op 18 Junie op Emirates Airline Park in Johannesburg plaasvind.
Daar is slegs 250 kaartjies beskikbaar en die koste per kaartjie beloop R200. Dit is beslis iets om nie mis te loop nie.
Dié loting word gehou om fondse in te samel vir Potch Dorp Rugbyklub om hulle seisoen se petrolgelde te kan dek, asook om verblyf te betaal tydens Dorp se kragmeting teen Vryburg. Die trekking vind op Vrydag, 10 Junie plaas.
Die prys sluit die volgende in:
- 2 Losie rugbykaartjies (Springbokke t. Ierland op Emirates Airline Park 18 Junie), met alle eet- en drinkgoed ingesluit
- 2 Baadjies met die Springbok en Ierse logo op geborduur (geborg deur Wanted Clothing)
- ‘n Geskenkmandjie geborg deur Baillie Park Spar met allerhande versnaperings vir die pad soontoe en terug. Tops Baillie Park borg ook ietsie vir die keel.
- 2 manshaarsnye by Scarlet Scissors.
- Ander borge wat ook die trekking moontlik maak is Happy Feet Shop en Magick Events. Die totale waarde van die prys is ongeveer R10 000. Vir navrae kan Jan Janse van Rensburg by 082 335 2295 gekontak word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



