Varsitybekerverhoor: Pukke behou die trofee
Na ‘n maand van onduidelikheid rondom die 2016 Varsitybeker is daar besluit dat NWU Pukke wel hulle trofee behou en dus sonder vraagtekens die kampioen is. Adv Robert Seltzer, voorsitter van die Varsitybekerverhoor tussen die NWU-Pukke en die UKZN (Universiteit van Kwa-Zulu Natal) het Vrydag, 27 Mei die uitspraak gelewer. Die NWU-Puk-rugbyspan is onskuldig bevind …

Na ‘n maand van onduidelikheid rondom die 2016 Varsitybeker is daar besluit dat NWU Pukke wel hulle trofee behou en dus sonder vraagtekens die kampioen is. Adv Robert Seltzer, voorsitter van die Varsitybekerverhoor tussen die NWU-Pukke en die UKZN (Universiteit van Kwa-Zulu Natal) het Vrydag, 27 Mei die uitspraak gelewer.
Die NWU-Puk-rugbyspan is onskuldig bevind aan die aantuiging dat Bart le Roux nie aan die reëls van Varsitybeker voldoen het nie. Deel van dié bevinding is ook ‘n kostebevel teen Varsity Cup.
Daar is ‘n week na Pukke die trofee teen Maties met 7-6 in Stellenbosch gewen het, aantuigings ingedien dat Le Roux die reëls van die Varsiybeker gebreek het omdat hy voorheen al reeds as ‘n eerstejaar in die toernooi vir die UKZN-Impi uitgedraf het.
Pukke en Potchefstroom sal te bly wees dat hierdie saak nou iets van die verlede is. Die Varsitybekerraad sal Maandag vergader waarna daar verdere inligting verskaf sal word.
Lees volgende week se Potchefstroom Herald vir verdere inligting
.



