SportSport

De Villiers skop duiweseisoen op glorieryke wyse af

Die duiweseisoen het op Saterdag, 28 Mei afgeskop vanaf Kimberley oor ‘n afstand van 315 km. By Potchefstroom posduifklub het Salty de Villiers van Salty en Lettie hokke ‘n droom begin gehad. Sy duifies se eerste, derde, vierde, vyfde en sesde in die opewedvlug was voorwaar vir Lettie ‘n groot geskenk op haar verjaarsdag. Die …

Die duiweseisoen het op Saterdag, 28 Mei afgeskop vanaf Kimberley oor ‘n afstand van 315 km.

By Potchefstroom posduifklub het Salty de Villiers van Salty en Lettie hokke ‘n droom begin gehad. Sy duifies se eerste, derde, vierde, vyfde en sesde in die opewedvlug was voorwaar vir Lettie ‘n groot geskenk op haar verjaarsdag. Die ongelooflike daarvan is dat De Villiers vyf duiwe gelyk gekry het en hulle al vyf binne 12 sekondes klok. Slegs dosent Sarel Naude kon hond haaraf maak met sy tweede plek hier.

In die jaaroud-afdeling waaraan slegs jong duiwe kan deelneem, het Kiewiet Marais van Kiewiet en Christo hokke ‘n baie mooi wen gevlieg met sy tweede duif slegs 18 sekondes na sy eerste vir plekke een en twee. Oud skoolhoof Faan de Beer is derde met 35 sekondes na die wenduif. Afgetrede ingenieur Eddy Bondesio eindig vierde met De Beer vyfde.

By Mooirivier resiesduifklub het Johan van Wyk gewys sy jongduiwe is lus vir vlieg. Hy verower hier plekke een en drie.

Hy kan egter sy “stervere” dank, want tussen hom en prokureur Hennie Aucamp is daar 0 sekondes verskil en het enkele meters die wen te weeg gebring. Suidwester Willem Moolman eindig vierde en verlede jaar se unie- en klubkampioen Johan Schlebusch, vyfde.

In die opewedvlug wys Schlebusch weer sy ervaring met sy eerste en vierde plekke. Ontwikkelaar Arrie Marais pluk amper Sclebusch se “stertvere” met sy tweede en derde plek, slegs een en twee sekondes na hom. Willem Moolman eindig hier vyfde. By MRK in die jaaroud-punte het Johan van Wyk 85 punte bymekaar gemaak, terwyl Arrie Marais 93 versamel het. By PPK is Salty de Villiers voor met 198 punte in die ope-afdeling en Kiewiet Marais voor met 190 in die jaarouds.

Vanjaar slaan die duiweboere heeltemal ‘n nuwe rigting in, deur die volgende loslaat punte te gebruik. Volgende week is dit Campbell (403km) waarna Belmont (370), Douglas (390), Hopetown (407), Griekwastad (413) en Strydenburg (460) sal volg in die wedvlugte korter as 500km. “Veilig vlieg ou kleintjie!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button