Twee stadsatlete nommer een in die wêreld
Die nuutste internasionale ranglyste vir atletiek (IAAF) toon die skokkende situasie in SA atletiek: Daar is net drie atlete van Suid-Afrika wat tans nommer een op die lyste vir Olimpiese items is in die senior-, o.20- en o.18 groepe. Die enigste senior atleet is die NWU-Pukke se Caster Semenya in die 800m (1:56.54). Dit is …
Die nuutste internasionale ranglyste vir atletiek (IAAF) toon die skokkende situasie in SA atletiek: Daar is net drie atlete van Suid-Afrika wat tans nommer een op die lyste vir Olimpiese items is in die senior-, o.20- en o.18 groepe.
Die enigste senior atleet is die NWU-Pukke se Caster Semenya in die 800m (1:56.54).
Dit is wel so dat Wayde van Niekerk ook op die lys is, maar vir ‘n nie-Olimpiese item: die 300 meter.
Die twee junior mans op die lys is Linford Marais van WP in die 400m hekkies (50,56) en dan die trots van Potchefstroom Gimnasium, Waldouw Smit, wat die eerste plek beklee in die o.18 spiesgooi met sy afstand van 79,92. Sy poging is 3,32 meter verder as die atleet in die tweede plek: Matiss Velps van Letland.
Smit gaan ongelukkig nie vanjaar ‘n verdere deelname geleentheid kry nie. Daar vind net elke tweede jaar ‘n wêreld junior kampioenskap plaas. Die Afrika junior kampioenskap wat vanjaar in Lesotho moes plaasvind, is gekanselleer weens ‘n gebrek aan geld.
Intussen werk hy en sy afrigter, Koos Smit, baie hard om die 80 meter grens oor te steek.



