SportSport

Potch Dorp honger vir sukses teen Lichtenburg

Daar was effe onmin in die lug toe Lonmin se geharde spelers  Potch Dorp se eerstespan in Potchefstroom met 23-17 geklop het. Dit was ‘n uitslag wat die tuisspan nie verwag het nie, veral nadat hulle Leeudoringstad voor verlede naweek so oortuigend geklop het. Die driedrukkers vir Potch Dorp teen Lonmin was regtervleuel Janus Lombaard, …

Daar was effe onmin in die lug toe Lonmin se geharde spelers  Potch Dorp se eerstespan in Potchefstroom met 23-17 geklop het.

Dit was ‘n uitslag wat die tuisspan nie verwag het nie, veral nadat hulle Leeudoringstad voor verlede naweek so oortuigend geklop het. Die driedrukkers vir Potch Dorp teen Lonmin was regtervleuel Janus Lombaard, kaptein Ruveix de Bruyn, en die groot vasskopstut, Doynton Berry. Potch Dorp se tweedespan het wel gesorg dat dinge nie te somber is nie en het gemaklik vir Lonmin oortref met ‘n 26-0 loesing.

Armand du Preez het twee drieë gaan druk, met Gerrit Joubert en Ruan de Koker wat ook drieë bygedra het.Dorp se volgende wedstryd vind hierdie Saterdag (16 Julie) tuis teen Lichtenburg plaas en behoort ‘n taktiese en titaniese affêre te wees. Die tweedes speel om 14:30 en die eerstes om 16:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button