SportSport

Hennie Aucamp is kookwater in wedvlug vanaf Prieska!

Die voorsitter van die Westelike Posduifunie, Hennie Aucamp, het welverdiend in week agt sy eerste wen van die seisoen gevlieg vanaf Prieska (538km) in die jaaroud-afdeling by M.R.K. Hy werk reeds die afgelope twee jaar baie hard daaraan om sy duiwe in vorm te kry. Die wen is egter ook baie spesiaal, aangesien dit ook …

Die voorsitter van die Westelike Posduifunie, Hennie Aucamp, het welverdiend in week agt sy eerste wen van die seisoen gevlieg vanaf Prieska (538km) in die jaaroud-afdeling by M.R.K. Hy werk reeds die afgelope twee jaar baie hard daaraan om sy duiwe in vorm te kry. Die wen is egter ook baie spesiaal, aangesien dit ook ‘n uniewen is.

Hy is egter gejaag by die jaarouds deur Fanie & Louise met plekke 2,3, en 5. Oud Klerksdorper Riaan Grobler het ook gewys hy’s elke keer onder die top 10 met sy 4de plek.

M.R.K voorsitter, Johan Schlebusch wat die opewedvlug wen, verseker ook hier ‘n uniewen met ‘n skrale 7 sekondes voor P.P.K se Nic Stassen. Schlebusch se eerste en tweede duif behaal dieselfde tyd as sy wenduif.

Hierdie is ook sy tiende wen van die seisoen.

Arrie Marais wys ook vir ‘n slag hy kan nog vlieg, nadat vier duiwe klok binne 5 sekondes, om plekke drie tot ses te verower.

By P.P.K. wys polisieman Chris Stemmet dat jy ‘n wen kan vlieg al het jy net 14 jongduiwe! Kiewiet en Christo verower soos gewoonlik plekke 2,3 en 4, terwyl Nic Stassen vyfde eindig! Soos vroeër genoem, wen Stassen die opevlug met dosent Sarel Naude tweede, Saltie & Lettie derde en Kiewiet & Christo 4, 5, 7, 8 en 9.

Die punte lyk soos volg; M.R.K.- Jaaroud-afdeling:  1) Schlebusch 5a49, 2) Fanie & Louise 458, 3) Arrie & Tienie 457. Ope-afdeling: 1) Schlebusch 811, 2) Willem Moolman 521 en Arrie Marais 446. Algeheel: 1) Schlebusch 1360, 2) Moolman 872, 3) Marais 857. By P.P.K. in die Jaaroud-afdelings: 1)Kiewiet & Christo 1422, 2) Rooikraal 983, 3) Sarel Naude 716. Ope-afdeling: 1) Kiewiet 1593, 2) Sarel & Lettie 1025, 3) Naude 796. Algeheel: 1) Kiewiet 3015, 2) Saltie & Lettie 1679 en 3) Rooikraal. In die algehele afdeling is dit net Saltie de Vlliers wat nie met meer as die helfte van die punte agter Marais is nie! In die Klubskild-kompetisie het P.P.K. sy voorsprong met twee punte gerek na 88, teenoor M.R.K. se 82, om die verskil nou ses te maak. Die volgende wedvlug gaan plaasvind vanaf Kromdraai.

“Veilig vlieg ou kleintjie”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button