SportSport
Noordwes Krieket hou produktiewe dinkskrum
Klubvoorsitters, klubkapteins, afrigters, skeidsregters, raadslede en administrateurs het die afgelope naweek Noordwes Krieket se jaarlikse dinkskrum by Senwes Park, Potchefstroom bygewoon. Al die belangrikste rolspelers het die formate en strukture ter tafel gelê vir die 2016/2017 klub krieket seisoen, wat dan na die NW Krieketraad vir goedkeuring verwys sal word. Die Senwes Premier 50 beurt …

Klubvoorsitters, klubkapteins, afrigters, skeidsregters, raadslede en administrateurs het die afgelope naweek Noordwes Krieket se jaarlikse dinkskrum by Senwes Park, Potchefstroom bygewoon.
Al die belangrikste rolspelers het die formate en strukture ter tafel gelê vir die 2016/2017 klub krieket seisoen, wat dan na die NW Krieketraad vir goedkeuring verwys sal word.
Die Senwes Premier 50 beurt liga sal 24 September 2016 begin met die Promosie, Eerste en Tweede liga wat hulle eerste wedstryde op 1 Oktober 2016 sal speel. Die Premier vroue spanne sal in ‘n 20/20 formaat liga deelneem waarvan die eerste wedstryd op 16 Oktober sal afskop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



