SportSport

Pukke se silwer spiesgooihelde

Dubbele vreugde het in die legendariese Potchefstroomse spiesgooiafrigter, Terseus Liebenberg, se hart geheers toe twee van sy jong Pukke-atlete albei silwer medaljes by die IAAF o.20 Wêreldkampioenskappe in Bydgoszcz, Pole verlede week behaal het. Johann Grobler met ‘n reuse gooi van 80.59 en Jo-Ané van Dyk met ‘n sierlike gooi van 57.32 meter, is nou …

Dubbele vreugde het in die legendariese Potchefstroomse spiesgooiafrigter, Terseus Liebenberg, se hart geheers toe twee van sy jong Pukke-atlete albei silwer medaljes by die IAAF o.20 Wêreldkampioenskappe in Bydgoszcz, Pole verlede week behaal het.

Johann Grobler met ‘n reuse gooi van 80.59 en Jo-Ané van Dyk met ‘n sierlike gooi van 57.32 meter, is nou op die atletiekwêreld se radar. Hulle name gaan nog lank in Suid-Afrikaanse atletiekkringe gehoor word na hierdie asemrowende prestasies.

Hierdie twee 18-jarige oefenmaats en koshuisstudente, een by Veritas Manskoshuis en die ander by Wag ‘n Bietjie Dameskoshuis het alle verwagtinge ootref met hulle uitstekende gooie wat vir albei nuwe loopbaanbestes is. Grobler het vir die eerste keer in sy loopbaan die 80 meter mylpaal bereik en watter oomblik en tyd was dit nie om op die grootste verhoog dit reg te kry nie.

Johann Grobler na sy skitterende gooi van 80.59 meter.
Johann Grobler na sy skitterende gooi van 80.59 meter.

“Ek weet nie waar het daardie gooi vandaan gekom nie. Dit was nie net ek nie. My vorige beste was ‘n 74.79 so om ses meter verder te gooi was yslik.”

Met hierdie gooi het Grobler alles gegee en vir ‘n oomblik geen kontak met die grond gehad toe hy sy spies laat trek het nie.

“Ek dink nie dit het al ingesink nie. Ek voel net so trots en geseënd,” vertel Grobler. Hierdie spiesgooier, wat in Graad 11 SA’s gewen het, het ook baie lof vir sy afrigter se metodes en tegnieke om die beste uit hom te bring.

“Hy is in my opinie die beste afrigter wat daar is. Hy hou my emosioneel reg om my beste te gee.”

Van Dyk het ook die vrugte van Liebenberg se afrigting en harde werk gepluk veral nadat sy ‘n eerste plek by die Afrika Streekskampioenskappe in Zambië en tweede plek by die Afrika kampioenskappe gekry het.

“Die kompetisie was versriklik straf by die Wêreldkampioenskappe gewees en ek moes met my derde gooi die top ses haal om te kwalifiseer vir ‘n vierde gooi in die finaal. Die standaard was baie hoog en het my uitgedaag. Ek het gestres, maar ek het toe my emosies mooi beheer” vertel sy.

13391558_1088803694514220_5663548003036848950_o

Van daar af klop alles reg en die jong atleet woeker met haar spies tot oor die 57 meter merk vir ‘n kosbare stukkie silwer om haar nek.

“Om ‘n medalje op dié podium te kry is iets waarna elke atleet streef en droom,” voeg Van Dyk by.

Hul afrigter was ook vol lof vir hierdie twee se prestasies met Van Dyk wat die vyfde beste afstand vanjaar behaal het en Grobler wat ook die vyfde beste afstand vir ‘n Puk spiesgooier behaal het. Grobler is ook die derde Suid-Afrikaanse Junior sedert 1986 wat 80 meter kon bereik. Luan Rautenbach in 2005 en Robert Oosthuizen in 2006 was die ander twee spiesgooiers. “Johann en Jo-Ané is twee skitterende mense. Ek is onsettend trots. Hulle het vasberadenheid getoon en gewys dat hulle op vootreflikheid roem. Hulle het die wil gehad om te presteer,” vertel Liebenberg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button