Bewerige begin vir die Luiperds vanjaar
Die Luiperds het die verdediging van hulle Curriebeker Eersteliga titel op ‘n bewerige noot begin. Hulle moes ‘n sterk aanslag van Grens in die tweede helfte afweer om met 26-24 te wen. Sake was teen rustyd gelykop op 12 punte elk na die Luiperds se Gene Wilemse twee minute voor fluitjie gaan druk en Malherbe …

Die Luiperds het die verdediging van hulle Curriebeker Eersteliga titel op ‘n bewerige noot begin. Hulle moes ‘n sterk aanslag van Grens in die tweede helfte afweer om met 26-24 te wen. Sake was teen rustyd gelykop op 12 punte elk na die Luiperds se Gene Wilemse twee minute voor fluitjie gaan druk en Malherbe Swart se doelskop sake gelyk getrek het.
Die Luiperds het voor ongeveer 200 toeskouers goed weggespring in die tweede helfte en met Bart le Roux se tweede drie en HP Swart se drie, beide verdoel deur Malherbe Swart, die telling na 26-12 gevoer maar toe opgehou aanval en in ‘n verdedigings module gegaan. Dit is deeglik deur die besoekers uitgebuit en hulle kom tot binne twee punte van die Luiperds se telling. Daar was ‘n hoorbare sug van verligting geslaak toe die Grens skopper net voor die einde met ‘n strafdoel misluk het.
Die finale vertrek van die ster agterspeler, Rhyno Smith, na die Haaie, word wel behoorlik gevoel deur die Luiperds. Sy vlugvoetigheid en veral sy aanvalle uit die laaste vesting en sy skopvoet word deeglik gemis.
Die Luiperds het nou 5 ligapunte. Dit blyk dat daar nie ligapunte vanuit die provinsiale liga oorgedra word soos verlede seisoen nie. Die ander wenspanne van die naweek: Griffons en SWD, het ook 5 punte elk.
Die Luiperds speel die naweek weg teen die Welwitchias in Windhoek.
Foto’s: Mario van de Wall en Wouter Pienaar













