SportSport
Ferdies speel tuis in Beeldtrofee semifinaal Saterdag
Hoërskool Ferdinand Postma se o.15’s speel die Beeldtrofee behoorlik aan die brand vanjaar met hierdie span wat verlede Saterdag hulle kwarteindstryd teen Balfour met 24-5 gewen het. Hulle kom nou teen Morgezon Landbouskool in die halfeindstryd komende Saterdag, 20 Augustus te staan waar hulle tuisvoordeel sal hê. Die wedstryd gaan om 10:00 afskop. Om in …
Hoërskool Ferdinand Postma se o.15’s speel die Beeldtrofee behoorlik aan die brand vanjaar met hierdie span wat verlede Saterdag hulle kwarteindstryd teen Balfour met 24-5 gewen het.
Hulle kom nou teen Morgezon Landbouskool in die halfeindstryd komende Saterdag, 20 Augustus te staan waar hulle tuisvoordeel sal hê. Die wedstryd gaan om 10:00 afskop.
Om in hierdie wedstryd te kan speel moes Ferdies eers in Balfour hulle wenstrategie op die veld uitvoer en dit is juis wat die jong manne gedoen het.
Tshepo Matloko, Justin Engels, Katleho Lebitsa en Wayden Fortuin druk Ferdies se vier drieë met Matloko wat ook twee doelskoppe oorklits.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



