Breitenbachs voltallig in NW rolbalspanne
Die stad se bekende rolbalgesin, Piet, Corrie en Pierre Breitenbach is weer al drie gekies vir Noordwes rolbal se provinsiale spanne. Piet en Pierre se klubmaat Pikkie Abbott van Potchefstroom Rolbalklub is ook in die span saam met drie spelers van Klerksdorp en twee van Parys. Corrie het ook ‘n klubmaat in die span is …
Die stad se bekende rolbalgesin, Piet, Corrie en Pierre Breitenbach is weer al drie gekies vir Noordwes rolbal se provinsiale spanne. Piet en Pierre se klubmaat Pikkie Abbott van Potchefstroom Rolbalklub is ook in die span saam met drie spelers van Klerksdorp en twee van Parys.
Corrie het ook ‘n klubmaat in die span is die persoon van Elly van Dijk. Vier van die ander spelers in die span is van die KOSH gebied, een van Parys en een van Lichtenburg.
Die Buiteklub se rolbalklub spog met twee spelers in die provinsiale B-span: Jabu Nkosi en Meschak Kali. Potch Dorp se Gerrit Janse van Rensburg is ook in die span. Die res van die span kom uit die KOSH gebied en Parys.
Die enigste verteenwoordiger uit die stad in die vroue B-span is Sega Mokoto van Weermag se rolbalklub.
Die spanne neem in Maart 2017 aan die nasionale toernooie in Kaapstad deel. Die spanne word vroeg bekend gemaak om die spelers te betrek by verpligte oefenkampe ter voorbereiding vir die toernooie. Die eerste oefenkamp vind op 17 en 18 September by die Potchefstroom Rolbalklub plaas.
Die President van Noordwes Rolbal, Ronnie Palmer, het soos volg reageer op die aankondiging van die spanne: “Die hartlike gelukwensinge van die President en lede van die Uitvoerende Komitee word hiermee oorgedra en die hoop word uitgespreek dat u die toernooie sal geniet en die Provinsie trots sal maak.”



