Luiperds kry twee nuwe aanwinste vir 2017
Die Luiperds Rugbyunie het twee aanwinste, die Griffons-flank Boela Venter en die Kings-losskakel Lungelo Gosa vir aanstaande jaar gekontrakteer en die kern van vanjaar se groep behou. Die kaptein, Jeandré Rudolph en die grootste gros van die voorspelers, waarvan die meeste senior status beklee, is weer beskikbaar. Dit sluit die voormalige kaptein, Juan Language ook …
Die Luiperds Rugbyunie het twee aanwinste, die Griffons-flank Boela Venter en die Kings-losskakel Lungelo Gosa vir aanstaande jaar gekontrakteer en die kern van vanjaar se groep behou.
Die kaptein, Jeandré Rudolph en die grootste gros van die voorspelers, waarvan die meeste senior status beklee, is weer beskikbaar. Dit sluit die voormalige kaptein, Juan Language ook in.
Die loskopstut Joe Smith, wat vir die grootste deel van die afgelope seisoen op die krukkelys is, sal weer aanstaande seisoen in aksie wees.
Die senter Henko Marais het ook weer ‘n kontrak met die Luiperds gesluit, asook Juffrou Vermeulen en Bradley Moolman.
Die NWU-Puk se losskakel, Schalk Hugo en Gosa is die twee losskakels in die groep.Dié groep sal na die Varsitybeker aangevul word en van die Impala-spelers sal hulle ook by die Luiperds aansluit.
Luiperds se kontrakgroep:
Jaco Hayward, Bradley Moolman, Rowayne Beukman, Juffrou Vermeulen, Henko Marais*, Schalk Hugo*, Lungelo Gosa, Chriswill September*, Jeandré Rudolph*, Juan Language, Marno Redelinghuys*, HP Swart, Boela Venter*, Loftus Morrison*, Stairs Mhlongo, Ruan Venter*, Walt Vermeulen*, Mogua Mabokela*, Lucky Ngcamu, Joe Smith, Louis van der Westhuizen*, Dane van der Westhuysen*, Wilmar Arnoldi*.
*Spelers wat steeds vir NWU-Puk Varsitybeker-rugby kan speel.



