SportSport

Lees tussen die lyne: Die jaar van die buiteperd

Eers was dit Leicester City wat die Engelse premier sokkerliga gewen het met ’n 5 000 tot 1 kans. Daarna het die Chicago Cubs ’n 108 jaar droogte oorkom om uiteindelik die bofbalkampioene in Amerika te word.

Eers was dit Leicester City wat die Engelse premier sokkerliga gewen het met ’n 5 000 tot 1 kans. Daarna het die Chicago Cubs ’n 108 jaar droogte oorkom om uiteindelik die bofbalkampioene in Amerika te word.
Uiteindelik verslaan die Iere die All Blacks na 111 jaar sonder ’n oorwinning teen die Nieu-Seelanders. Dit is waarlik die jaar van die buiteperd.
Die begeesterde Iere het vir die wêreld gewys dat die All Blacks gewen kan word.
Die All Black-span wat onlangs die rekord vir die meeste agtereenvolgende wenne verbeter het, is deur baie kenners as onoorwinlik beskryf. Tog het die Iere Saterdagaand in Chicago bewys dat dit moontlik is om die magtige All Blacks te wen.
Harde, bal in hand rugby en ’n fokus op die vaste fasette is wat die Iere deur- getrek het. In kort: het hulle tradisionele Springbokrugby gespeel. Die bokke se probleem teen die All Blacks is dat ons soos hulle wil speel.
Hulle speel ’n uitgestrekte, vinnige tempo tipe spel. Dit is iets wat ons nie kan doen nie, of laat ek sê nie so goed kan doen nie.
Ek het dit in ’n vorige berig gesê, net voor die All Blacks ons op eie bodem verneder het, maar ek sal dit maar weer sê: vergeet daarvan om soos ander spanne te probeer speel, doen die dinge wat Springbokke doen goed. Sterk skrums en lynstane, ’n goeie skopvoet in die span wat pale toe kan skop, die behou van bal- besit en groot, sterk baldraers tussen die voorspelers wat die bal vorentoe kan dra.
Ons het al die tipe spelers tot ons beskikking, maar ek verstaan nie waarom ons hulle nie gebruik nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button