SportSport

Tweeling is wêreldkampioene

Twee Potchefstromers, Helen en Elmarie Conradie, het Suid-Afrika se o.35 vrouespan by die onlangse Indoor Cricket Masters World Series in Engeland verteenwoordig, en as wêreldkampioene na Suid-Afrika teruggekeer. Suid-Afrika het hulle ou vyand, Australië, met 8 lopies in die eindstryd geklop vir ‘n glorieryke sege.   Dié toernooi het vanaf 21 – 29 Oktober in …

Twee Potchefstromers, Helen en Elmarie Conradie, het Suid-Afrika se o.35 vrouespan by die onlangse Indoor Cricket Masters World Series in Engeland verteenwoordig, en as wêreldkampioene na Suid-Afrika teruggekeer. Suid-Afrika het hulle ou vyand, Australië, met 8 lopies in die eindstryd geklop vir ‘n glorieryke sege.

Helen en Elmarie Conradie het Suid-Afrika se o.35 vroue by die Indoor Cricket Masters World Series verteenwoordig. Hulle is nou wêreldkampioene.
Helen en Elmarie Conradie het Suid-Afrika se o.35 vroue by die Indoor Cricket Masters World Series verteenwoordig. Hulle is nou wêreldkampioene.

 

Dié toernooi het vanaf 21 – 29 Oktober in Birmingham plaasgevind. Suid-Afrika se vrouespan het vroeër vir die uitspeelrondte gekwalifiseer deur oorwinnings in die groepfase oor Australië, Nieu-Seeland en Engeland te behaal.

In die daaropvolgende wedstryde het hulle eers met Nieu-Seeland in die semi-finaal afgereken en daarna die verdedigende kampioen, Australië in die finaal geklop. Helen is na afloop van die finaal as speler van die wedstryd benoem, nadat sy 23 lopies teen ‘n treftempo van 255.56 behaal het.

Die seëvierende Suid-Afrikaanse span met die trofee na hulle 8 lopie oorwinning teen Australië.
Die seëvierende Suid-Afrikaanse span met die trofee na hulle 8 lopie oorwinning teen Australië.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button