Obaro hou suksesvolle gholfdag
Obaro, kliënte, aandeelhouers en verskaffers het op 10 November ʼn suksesvolle 2016 tydens die Obaro Gholfdag gevier. Spelers van regoor Obaro se bedieningsgebied het die dag bygewoon en behoorlik hul gholfvaardighede getoon. Die spanne het nie op hulle laat wag nie en die jolige atmosfeer het tot die sukses van die dag bygedra. Die Obaro …
Obaro, kliënte, aandeelhouers en verskaffers het op 10 November ʼn suksesvolle 2016 tydens die Obaro Gholfdag gevier.
Spelers van regoor Obaro se bedieningsgebied het die dag bygewoon en behoorlik hul gholfvaardighede getoon.
Die spanne het nie op hulle laat wag nie en die jolige atmosfeer het tot die sukses van die dag bygedra.
Die Obaro Middelburg span het egter die ander 18 spanne uitgestof en as wenners elk met ʼn R5 000 TurfAg-koopbewys weggestap.
Die tweede plek is deur die span van Potchefstroom ingepalm met Obaro–koopbewyse (geborg deur Avidan) en in die derde plek het die span van Brits elk met ’n Kaufmann-kampstoel weggestap.
Die 14de putjie het spelers se vaardighede getoets met naaste-aan-die-pen en Wilscott Radley het die Rain Bird Spuite, geborg deur Irrigation Unlimited, gewen.
Henning Wenhold het ʼn R1 000 Obaro-koopbewys losgeslaan met die langste dryf by putjie 18.
“Om die boer se besigheid op elke plaas te wees, is wat Obaro elke dag dryf.
“Obaro stap elke dag saam met die boer deur die plaashek en boer saam, dag vir dag en jaar vir jaar.
“Die Obaro Gholfdag is om dankie te sê vir ons boere wat ons help om elk dag ons voete op die plaas te kry en saam te boer en saam te droom,” het Nic Bronkhorst, besturende direkteur van die Obaro Groep gesê.
Obaro wil graag die volgende verskaffers bedank vir hul bydraes:
Claas, BBM, Cape Gate, Bafana Petroleum, KRM, BB Cement, Engen, TurfAg, Avidan, RapTech, Agrinet, Irrigation Unlimited en Mpumalanga Discount Wire and Fence.



