Noordwes verniel Namibië in driedagwedstryd, struikel in 50 beurte
Die Noordwes Drake het Namibië verniel in die Sunfoil 3-dagwedstryd, maar skandelik verloor in die 1-dag wedstryd. In die 3-dagwedstryd het Noordwes hulle eerste beurt gesluit verklaar op 421/6 met Janneman Malan wat 174 bydra en Kagiso Rapulana 86. Links (4/31) en Gidana (3/38) beperk Namibië tot 167 en Namibië moet opvolg. Die opvolgbeurt was …

Die Noordwes Drake het Namibië verniel in die Sunfoil 3-dagwedstryd, maar skandelik verloor in die 1-dag wedstryd. In die 3-dagwedstryd het Noordwes hulle eerste beurt gesluit verklaar op 421/6 met Janneman Malan wat 174 bydra en Kagiso Rapulana 86. Links (4/31) en Gidana (3/38) beperk Namibië tot 167 en Namibië moet opvolg. Die opvolgbeurt was net 2 lopies beter en Namibië is almal uit op 169. Marques Ackerman neem 3/14. Noordwes wen met ‘n beurt en 85 lopies.
Of dit die feesvieringe na die oorwinning was sal mens nooit weet nie, maar Sondag teken Namibië 225/7 aan in hulle 50 boulbeurte en boul die besoekers uit vir net 158 om met 67 lopies te wen.



