SportSport

Pukke maak dit twee in ‘n ry

NWU-Pukke se Varsity Krieketkaptein, Wihan Lubbe se kapteinsbeurt van 86 lopies het Pukke gisteraand (Dinsdag, 31 Januarie) na hulle tweede oorwinning in vanjaar se Varsity Krieket-toernooi gestuur. Lubbe het ‘n uitstekende 86 van 53 balle gemoker en het sy span amper tot die einde deurgedra voor hy been voor paaltjie in die tweede laaste boulbeurt …

NWU-Pukke se Varsity Krieketkaptein, Wihan Lubbe se kapteinsbeurt van 86 lopies het Pukke gisteraand (Dinsdag, 31 Januarie) na hulle tweede oorwinning in vanjaar se Varsity Krieket-toernooi gestuur.

Lubbe het ‘n uitstekende 86 van 53 balle gemoker en het sy span amper tot die einde deurgedra voor hy been voor paaltjie in die tweede laaste boulbeurt betrap is.

Pukke het nie te waffers begin nie, met die held van hulle eerste wedstryd, Janneman Malan, wat vir 1 lopie uit is. Marques Ackerman (1) en Shane Dasdwell (0) het ook nie die tellinghouers gepla nie.

Ruan Haasbroek van Pukke stuur hier 'n aflewering teen die NMMU Madibaz af. Pukke het die wedstryd met 19 lopies gewen. Foto: Mario van de Wall/SASPA
Ruan Haasbroek van Pukke stuur hier ‘n aflewering teen die NMMU Madibaz af. Pukke het die wedstryd met 19 lopies gewen. Foto: Mario van de Wall/SASPA

Ruan Haasbroek, ‘n voormalige Potchefstroom Gimnasium leerder, het toe saam met sy kaptein die skade probeer herstel voordat hy vir 16 uit is.

Lesego Senokwane het 34 nie uit bygedra en saam met Lubbe vir Pukke na ‘n goeie 171/6 in 20 boulbeurte gelei.

Die Madibaz het 46 vir die eerste paaltjie bymekaar gesit voor Michael Hansel vir 24 uit is met Lubbe wat die paaltjie neem. Na dit het die paaltjies behoorlik getuimel en NMMU bevind hulself op 84/8 in groot moeilikheid. Pukke se boulsterre wat ongetwyfeld, Bantu Dandala met 4/34 en Dyllan Matthews met 3/20. Marques Ackerman het ook twee uitstekende vangskote gevat, met veral sy tweede een om van die gevaarlike Vian Maritz ontslae te raak, wat die oë laat rek het.

Pukke speel vanaand (Woensdag 1 Februarie) hulle derde wedstryd van die toernooi teen UWC op Senwes Park om 18:00. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button