SportSport

Volkies se jong span klop Monnas

Volkies se o.15 A-span het verlede naweek hulle eerste oorwinning in die Finsbury-liga behaal met ‘n hardwerkende drie paaltjie oorwinning teen ‘n sterk Hoërskool Monument span. Monument het die loot gewen en eerste gekolf, maar Volkies se boulers het goed geboul om hulle net tot 217/9 in 50 boulbeurte te beperk. Volkies het hierdie totaal …

Volkies se o.15 A-span het verlede naweek hulle eerste oorwinning in die Finsbury-liga behaal met ‘n hardwerkende drie paaltjie oorwinning teen ‘n sterk Hoërskool Monument span.

Monument het die loot gewen en eerste gekolf, maar Volkies se boulers het goed geboul om hulle net tot 217/9 in 50 boulbeurte te beperk.

Volkies het hierdie totaal met 220/7 oorgesteek. Monnas se beste kolwer was Jaco Bezuidenhout met 50 van 63 balle. Volkies se uitstekende boulers was kaptein Stefan Jansen met 4/32 in 10 boulbeurte en Stephan Fourie met 2/31 in sy 10.

Volkies was bietjie in die moeilikheid op 114/5 in hulle jaagtog, maar Christopher de Freitas was Volkies se rots in hulle kolfbeurt. Sy 69 (54) was grootliks verantwoordelik vir hulle oorwinning. Jan-Breedt Smit het die soete wen ook op die beste manier moontlik met ‘n reuse ses beklink.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button