SportSport

Volkies beleef semi-soet krieketnaweek

Op Woensdag, 8 Februarie het Volkies weer bewys dat hulle ‘n gedugte T20 span is toe hulle in die Noordwes T20 Krieketliga vir HTS Potchefstroom met 74 lopies geklop het. Volkies is die huidige T20 kampioene nadat hulle verlede jaar met KHS in die finaal klaargespeel het. Louis van Schalkwyk (76) en Vincent Viljoen (51) …

Op Woensdag, 8 Februarie het Volkies weer bewys dat hulle ‘n gedugte T20 span is toe hulle in die Noordwes T20 Krieketliga vir HTS Potchefstroom met 74 lopies geklop het. Volkies is die huidige T20 kampioene nadat hulle verlede jaar met KHS in die finaal klaargespeel het.
Louis van Schalkwyk (76) en Vincent Viljoen (51) was weer op hulle stukke gewees met ‘n 129 lopie venootskap om die eerste paaltjie om die grondslag te lê.
Thapelo Moncho was HTS se beste bouler met 3/22 in drie boulbeurte. Volkies eindig op 183/6.
Hierdie teiken was te veel vir HTS gewees, wat onder die druk soos ‘n pak kaarte geval het. Phemelo Seipati was die enigste bron van hoop vir HTS met ‘n uitstekende 63* van 51 balle. Seipati het van begin tot einde gekolf en hierdie jong man het weer bewys dat hy ‘n blink kriekettoekoms het.
Volkies se beste bouler was hulle draaier, Cobus Crowther wat met 1/16 in vier boulbeurte uitgeblink het.
*Sake was meer droewig vir Volkies in die Finsbury A-liga die afgelope naweek waar hulle teen Hoërskool Waterkloof met 7 paaltjies die knie moes buig. Volkies se Achilles-enkel was weer hulle kolfwerk wat ‘n ineenstorting beleef het en vir slegs 126 almal uitgeboul is.
Waldu Kotze se 36 was die hoogste telling. Waterkloof slaan 128/3 om gemaklik koning te kraai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button