Van Skoolbank na Sportveld: Leandri Marais
Leandri Marais, ‘n graad 10-leerder aan Hoërskool Ferdinand Postma, is nie jou tipiese sportpresteerder nie. Sy het glad nie op laerskool in sport uitgeblink nie en in skaars ‘n kort tyd haar natuurlike talent by Ferdies begin ontgin. Sodoende dat sy sommer as senior victrix ludorum by Ferdies se Interhuis gekroon is. Potchefstroom Herald het …
Leandri Marais, ‘n graad 10-leerder aan Hoërskool Ferdinand Postma, is nie jou tipiese sportpresteerder nie. Sy het glad nie op laerskool in sport uitgeblink nie en in skaars ‘n kort tyd haar natuurlike talent by Ferdies begin ontgin. Sodoende dat sy sommer as senior victrix ludorum by Ferdies se Interhuis gekroon is. Potchefstroom Herald het meer oor hierdie atletiekpresteerder gaan uitvind.
Skool: Hoërskool Ferdinand Postma
Ouderdom: 15
Sport: Atletiek (100, 200, 400, 800 en 1500 meter)
Lekkerste item: 1500 meter
Hoogtepunt van die jaar: Om die 1500 meter en die victrix ludorum titel te wen. Ek het ook Noordwes in landloop verteenwoordig.
Hoe het jou passie vir atletiek ontwikkel? “Einde Desember voor ek hoërskool toe is, het ek begin draf en my passie vir atletiek het begin toe ons as graad 8’s moes deelneem tydens ontgroening. Ek het toe regtig daarvan begin hou.
Hoe balanseer jy skoolwerk en sport? Ek sou nie sê dat ek mal is oor akademie nie, maar ek weet wanneer om aandag daaraan te gee. My gunstelingvak sover is fisiese wetenskap.
Lewenslesse wat jy uit sport geleer het? Sport leer jou werklike uithouvermoë.
Beste deel van atletiek? Die beste is as die toeskouers vir jou skree en jou aanspoor en wanneer ons as atlete na ‘n byeenkoms saam in die bus ry en gesels.
Wat maak Potchefstroom uniek? Die studente. Hulle is vir my verskriklik interessant.
Vyf items wat jy op ’n verlate eiland wil saamneem? Kos, water, klere, my vriende en my jonger sussie.
Drie mense wat jy nog sal wil ontmoet? Usian Bolt, Richard Branson (Vigin Active)
Drie dinge wat jou irriteer? As ek iemand probeer help en hulle nie na my wil luister, as iemand my steur as ek op iets gefokus is en as my sussie sommer net in my kamer gaan.
Drie dinge wat jou gelukkig maak? Om mense gelukkig te sien, om saam met my vriende te kuier en te swem.
Pizza of KFC? Pizza
Laaste fliek wat jy gekyk het? “The Age of Adaline”
See of bosveld? See
Aksie of komedie? Aksie
Facebook of Instagram? Facebook



