Pukke se Varsitybekerkanse in die balans?
Die verdedigende Varsitybeker-kampioene, NWU Pukke, het in vanjaar se toernooi nog glad nie soos ware kampioene gespeel nie. Tans sit hulle in vyfde plek op die punteleer, net buite die top vier halfeindrondte posisies. Pukke maak dit vir hulself moeilik en moet nou die laaste twee wedstryde teen CUT en Tukkies oortuigend wen. Puk-afrigter, Jonathan …

Die verdedigende Varsitybeker-kampioene, NWU Pukke, het in vanjaar se toernooi nog glad nie soos ware kampioene gespeel nie.
Tans sit hulle in vyfde plek op die punteleer, net buite die top vier halfeindrondte posisies. Pukke maak dit vir hulself moeilik en moet nou die laaste twee wedstryde teen CUT en Tukkies oortuigend wen.
Puk-afrigter, Jonathan Mokuena, sal hoop dat sy span uiteindelik hierdie week behoorlik hulle voete vind en hulle hand opsteek, nadat hulle vanjaar reeds drie wedstryde teen Maties, Shimlas en Wits verloor het.
Pukke het in vanjaar se Varsitybekertoernooi nog nie eenkeer op 100 persent gespeel nie. Met elke wedstryd wat daar ‘n paar struikelblokke wat hulle gehinder het.
Strafskoppe en algehele dissipline is iets wat tot dusver die grootste kommer gewek het. Pukke se onvermoë om drieë te druk is ook iets wat aangespreek moet word.
Die wedstryd teen Tukkies gaan maak of breek wees vir Pukke en sal ook waarskynlik een van die laaste kere vir studente wees om die Fanie du Toit Sportgronde hierdie seisoen stampvol te maak.
Die wedstryd teen Tukkies skop op Maandag 27 Maart om 16:45 af.



