Classic Clash: Wat sê oud-Gimmie en Volkies?
Níne Brits – Oud-Volkie netbalspeler (2016) “You’ve got what it takes, but it will take every-thing you’ve got. Jy gaan uitkry wat jy insit. Sit álles in. Sit al jou energie in elke bal wat jy jaag, in elke tree wat jy gee en maak elke sekonde tel. Dit is wat my gemotiveer het sodat …

Níne Brits – Oud-Volkie netbalspeler (2016)
“You’ve got what it takes, but it will take every-thing you’ve got. Jy gaan uitkry wat jy insit. Sit álles in. Sit al jou energie in elke bal wat jy jaag, in elke tree wat jy gee en maak elke sekonde tel. Dit is wat my gemotiveer het sodat wanneer ek van die baan afstap, ek weet ek het my alles gegee.
“As oud-Volkie is ek baie opgewonde oor die Volkie-Gimmie naweek. Die samehorigheid en gees van dié naweek is definitief ‘n hoogtepunt in enige oud-Volkie se jaar. Ek weet my hart gaan oorloop van trots. Sterkte en gee jou alles.”

Ruan von Abo – Oud- Volkie rugbyspeler en kaptein (2016)
“Classic Clash is seker die grootste sport gebeurtenis in enige Volkie of Gimmie se skoolloopbaan. Dit is ‘n groot eer en voorreg om jou skool te verteenwoordig op die sportveld. Baie sterkte aan al die spanne en afrigters.”

Eddie Schoeman – Oud-Gimmie eerstespan rugbyspeler (2016)
“Dit is ‘n groot voorreg om vir jou skool te kan speel in ‘n Classic Clash en te kan verteenwoordig as ‘n eerstespanspeler op die rugbyveld. Jy speel nie net vir jouself nie, maar vir die ou langs jou. Die belangrikste is dat die Here jou die talent gegee om daar te kan speel. Speel jou hart uit en geniet elke oomblik daarvan, want binne in ‘n oogwink is dit verby. Wen of verloor maak nie saak nie, dit gaan daaroor dat rugby lekker is om te speel. Speel tot die fluitjie geblaas het, moenie ophou nie en wees altyd nederig.”

Pierre Botma – Oud-Gimmie hokkiekaptein (2016)
Gimmie-Volkie was een van die hoogtepunte van die jaar vir my gewees. Die vibe was net altyd so lekker gewees, die voorbereiding die week van die Classic Clash en die gees! Die voorstelling voor die wedstryd begin laat mens hoendervleis kry en die kompetisie teen Volkies is altyd lekker en kompeterend.
Ek sal dit nooit vergeet nie en die ondersteuning was altyd ongelooflik. As Oud-Gimmie is Gimmie-Volkie altyd een van die lekkerste dinge deur die jaar en ons sal definitief daar wees om hulle te ondersteun.




