Twee dekades van Gimmie trots
In 1997 het Renier Rossouw trots sy skool op die veld teen Volkies gelei as kaptein van Gimmies se eerste rugbyspan. Twintig jaar later draf sy seun, Reynard ook op die veld vir Gimmies se o.14-A-span en sodoende is die Gimmie-kringloop voltooi. Beide pa en seun het ook die nommer 4-trui teen Volkies gedra en …


In 1997 het Renier Rossouw trots sy skool op die veld teen Volkies gelei as kaptein van Gimmies se eerste rugbyspan.
Twintig jaar later draf sy seun, Reynard ook op die veld vir Gimmies se o.14-A-span en sodoende is die Gimmie-kringloop voltooi. Beide pa en seun het ook die nommer 4-trui teen Volkies gedra en bewys dat die appel nie ver van die boom af val nie.

Interessant genoeg het die huidige hoof van Volkies mnr. Gerhard Swart vir Renier aangespoor om rugby te speel toe Swart nog ‘n onderwyser by Gimmies in die negentiger-jare was. So word die Volkie-Gimmie wedstryd elke jaar vervleg met verskeie konneksies en bloedlyne wat hierdie stryd juis een vir die rekordboeke maak.



