Luiperds gee Zimbabwe gas by o.13 Cravenweek
Die jong Luiperd-welpies van die 0.13 Cravenweekspan het hulle eerste oorwinning in die 2017 o.13 Cravenweek-toernooi behaal toe hulle Zimbabwe 66-7 gister in Bloemfontein geklop het. Dit was ‘n goeie vertoning vol vuur teen ‘n onder gemiddelde Zimbabwe span en is ‘n goeie hupstoot na die Luiperds se 32-15 nederlaag teen die Oostelike Provinsie op …

Die jong Luiperd-welpies van die 0.13 Cravenweekspan het hulle eerste oorwinning in die 2017 o.13 Cravenweek-toernooi behaal toe hulle Zimbabwe 66-7 gister in Bloemfontein geklop het.
Dit was ‘n goeie vertoning vol vuur teen ‘n onder gemiddelde Zimbabwe span en is ‘n goeie hupstoot na die Luiperds se 32-15 nederlaag teen die Oostelike Provinsie op dag 1 van die toernooi.
Vanjaar se o.13 Cravenweek en o.16 Grant Khomo Toernooie vind by Grey Kollege in Bloemfontein vanaf 10-14 Julie plaas.
Die Luiperds se o.13 span pak die Valke môre om 11:00.
Uitslae:
OP 32 (15) – Drieë: Luvuyo Nkomphela (3), Jared Miller (2), Lindokuhle Songelwa. Doelskoppe: Myles Boden.
Luiperds 15 (8) – Drieë: Divan Pieters, Hendrik van Antwerp. Doelskop: Jaden Fredericks. Strafskop: Armand Willemse.
Luiperds 66 (33) – Drieë: Divan Pieters (4), Casper Badenhorst, Dolan French, Stephan van Niekerk, Chris Delport, Jan Magiso, Senekane Mmuse. Doelskoppe: Michael-John Mostert (8).
Zimbabwe 7 (7) – Drie: Tapuwanashe Chakuchichi. Doelskop: Chase Smyth.



