SportSport

Pieter du Toit gereed vir Wêreldkampioenskappe in Australië

Potchefstroom se kranige bergfiets sensasie, Pieter du Toit, het in sy laaste skooljaar sekerlik sy grootste prestasie nog behaal, toe hy as een van drie bergfietsryers gekies is om Suid-Afrika by vanjaar se UCI Junior Wêreldbergfietskampioenskappe te verteenwoordig. Hierdie kampioenskappe word vanaf 4 tot 10 September in Cairns in Australië gehou. Du Toit is saam …

Potchefstroom se kranige bergfiets sensasie, Pieter du Toit, het in sy laaste skooljaar sekerlik sy grootste prestasie nog behaal, toe hy as een van drie bergfietsryers gekies is om Suid-Afrika by vanjaar se UCI Junior Wêreldbergfietskampioenskappe te verteenwoordig.

Hierdie kampioenskappe word vanaf 4 tot 10 September in Cairns in Australië gehou.

Du Toit is saam met Johann Trotzky en Tifanny Keep deel van die junior  groep Suid-Afrikaners wat in die XCO-wedren gaan deelneem.

“Kyk, ek het nog nooit op hierdie vlak gery nie, maar my mikpunt is vir ‘n podiumposisie. Ek gaan voluit gaan daarvoor en ek sien verskriklik uit daarna,” vertel Du Toit, ‘n matriekleerling van  Volkies, opgewonde.

Pieter du Toit
Pieter du Toit

Volgens Du Toit moes hy ‘n sekere aantal punte gehad het om vir die wêreldkampioenskappe te kan kwalifiseer of die SA’s gewen het. By die SA’s het hy tweede gekom, maar dieselfde tyd as Trotzky behaal. Bygesê het Du Toit ook vanjaar die SA Bergfiets Marathonkampioenskappe verower wat verder in sy guns getel het. By die Afrika Bergfiets Kampioenskappe in Lesotho was sowel in die SA Cup-reeks was hy ook albei tweede wat sy konstantheid beklemtoon.

Pieter du Toit van Volkies gaan SA verteenwoordig in Australié by die UCI Wêreldbergfietskampioenskappe
Pieter du Toit van Volkies gaan SA verteenwoordig in Australié by die UCI Wêreldbergfietskampioenskappe

“Ek verwag nogal tropiese toestande met reën tydens die wedren in Australië en ek en my afrigter Leon Prinsloo, maak seker dat my strategie en kondisie 100 persent is vir die kampioenskappe. met genoeg voorbereiding,” vertel Du Toit, wat groot waardering vir Trek en Thule het wat seker maak dat hy die beste fiets het om sy talent ten toon te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button