Photo GalleriesSportSportSports Galleries

De Freitas en kie stuur Volkies se o.15A-span na sege teen Gimmies

Al die tekens is daar dat krieketondersteuners nog lank Christopher de Freitas se naam sal sien en hoor, veral nadat hy vir die soveelste keer Volkies se o.15A span na ‘n oorwinning gelei het. Hierdie keer was Gimmies se o.15A-span die slagoffer van hierdie Volkie se veelsydige talent. De Freitas het die afgelope Saterdag in …

Al die tekens is daar dat krieketondersteuners nog lank Christopher de Freitas se naam sal sien en hoor, veral nadat hy vir die soveelste keer Volkies se o.15A span na ‘n oorwinning gelei het. Hierdie keer was Gimmies se o.15A-span die slagoffer van hierdie Volkie se veelsydige talent. De Freitas het die afgelope Saterdag in die Noordwesliga 49* met die kolf en 2/34 met die bal bygedra.
Hierdie hotklou se spel is vanjaar vuurwarm en as hy so aanhou sal hy Volkies beslis na groter hoogtes lei. Saam met De Freitas het Stephan Jansen ook 46 vanaf 42 balle bygedra in ‘n vierdepaaltjie vennootskap van 88 lopies om Volkies oor die wenstreep in die 35ste beurt te stuur.
Gimmies het eerste gekolf en slegs 179 almal uit in 37 boulbeurte aangeteken. Wian Oosthuizen het hier ‘n blitsige 39 (27) aangeteken wat 4 sesse en 3 viere ingesluit het.
Hy was een van De Freitas se twee paaltjies, netjies van sy eie boulwerk uitgevang.
Stephan Fourie het ook met 2/18 in 3.5 boulbeurte die kolfstert vankant gemaak.

Foto’s: Wouter Pienaar

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button