SportSport

Junior-Liga Galas aan die gang

Die NWU-Junior Swemklub het op Lentedag die eerste van ‘n reeks Junior-liga galas vir swemmers tussen die ouderdom 6 tot 13 jaar aangebied. Die doel met hierdie galas is om ‘n geleentheid aan jong swemmers te bied wat nie noodwendig aan ‘n swemklub behoort nie, om in ‘n nie-bedreigende omgewing aan ’n formele swemgala deel …

Die NWU-Junior Swemklub het op Lentedag die eerste van ‘n reeks Junior-liga galas vir swemmers tussen die ouderdom 6 tot 13 jaar aangebied.

Die doel met hierdie galas is om ‘n geleentheid aan jong swemmers te bied wat nie noodwendig aan ‘n swemklub behoort nie, om in ‘n nie-bedreigende omgewing aan ’n formele swemgala deel te neem.

Geregistreerde Vlak 1- en paralimpiese swemmers kan ook daarvoor inskryf. Die gala is by die verhitte swembad van die Potchefstroom High School for Girls aangebied, waar 90 entoesiastiese swemmers van verskillende swemskole en klubs in die omgewing die water behoorlik laat spat het.

Die talle breë glimlagte en trotse medalje-wenners was ‘n duidelike bewys dat die gala ‘n dawerende sukses was.

Die volgende gala word beplan vir 13 Oktober en die kampioenskappe vir 3 November.

Tydens laasgenoemde grand finale sal addisionele medaljes toegeken word vir die meeste punte behaal tydens die reeks in die verskillende ouderdomsgroepe in onderskeidelik die geregistreerde en nie-geregistreerde kategorieë, seuns en dogters afsonderlik.

Daarbenewens sal die beste drie swemmers van die reeks in die onderskeie kategorieë ook elk ‘n wisseltrofee ontvang.

Belangstellendes kan Xavier Palmer by 082 782 5751 of Kitty Potgieter by 082 464 1471 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button