SportSport

Hierdie Potch skuts gaan SA in Suid-Korea wil trots maak

Twee perderuiters van die Potchefstroom Ruiterklub het ondanks ‘n jaar se ervaring in die interessante sport van berede boogskiet (boogskiet op ‘n perd), hulle teikens getref en gaan Suid-Afrika by die 13de Wêreld Berede Boogskietkampioenskappe verteenwoordig wat vanaf 19 tot 23 Oktober in Suid-Korea gehou word. Nicholas Immelman, ’n graad 7-leerder aan Laerskool Mooirivier, gaan …

Twee perderuiters van die Potchefstroom Ruiterklub het ondanks ‘n jaar se ervaring in die interessante sport van berede boogskiet (boogskiet op ‘n perd), hulle teikens getref en gaan Suid-Afrika by die 13de Wêreld Berede Boogskietkampioenskappe verteenwoordig wat vanaf 19 tot 23 Oktober in Suid-Korea gehou word.
Nicholas Immelman, ’n graad 7-leerder aan Laerskool Mooirivier, gaan as ‘n junior in die studente boogskiet-kategorie deelneem, terwyl sy afrigter, Vicky van Zyl, as senior in die studente boogskiet-kategorie gaan deelneem.

Hierdie twee uitstekende ruiters het albei ‘n groot liefde vir perde en boogskiet en toe hulle bewus raak dat hulle albei kan kombineer, was die koeël deur die kerk.

“Ons het saam begin met die sport, veral omdat ons altwee kan skiet op die grond en kan perdry. Ons is baie gelukkig dat ons so vroeg al die SA-span kan haal. In die begin moet jy eers gaan vir ’n veiligheidskursus, waar jy leer hoe om ’n boog te hanteer en waar verskillende tegnieke aangeleer word. Jy word dan volgens die kursus gegradeer. Ons albei is in die student-kategorie (vlak 4). Dit het goed gegaan in die nasionale kampioenskappe en nou is ons op pad na Suid-Korea in die Protea-span vir die eerste keer,” sê Van Zyl met ’n glimlag.

’n Mens kan duidelik sien hoe baie energie en passie Immelman vir die sport het, veral wanneer hy gretig vir dié joernalis demonstreer hoe hy pyle met gemak van ‘n perd se rug af skiet.

“Ek moet ten minste 50 pyle ‘n dag skiet in die oefening.
Die moeilike ding is wanneer jy nie altyd raak skiet nie, maar dan moet jy net aanhou omdat dit ‘n passie is en lekker adrenalien rush is,” vertel Immelman.
“Dit is ons God gegewe talente dat ons aan hierdie sport kan deelneem en boonop ons land kan verteenwoordig, maar dit vat ook baie oefening,” noem Van Zyl.
Volgens Van Zyl moet die perde eers gewoond raak daaraan dat ‘n ruiter op hulle skiet, maar sodra hulle gemaklik is dan word dit tweede natuur.
“Daar is nie een spesifieke ras nie, maar die perd moet ‘n goeie temperament hê en nie skrikkerig wees nie.”
Vir hierdie twee Potchefstroomse skuts gaan die wêreldkampioenskappe ’n unieke ervaring wees waar hulle net hulle beste gaan gee en sal wil verbeter waar hulle nou is.
“My doel is om my vorige punt wat 40 is, te verbeter. Ek wil dit ook baie geniet.
Die twee ruiters bedank graag vir Niekie Pienaar van Adelprag vir die borgskap wat hierdie reis na die wêreldkampioenskappe moontlik maak.

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button