SportSport

Voormalige Puk netbalster neem afrigtingsleisels oor by NWU

Huis is waar jou hart lê en vir Elsunet du Plessis is dit die NWU-Pukke waar sy nou as die nuwe hoofafrigter die leisels by haar voormalige afrigter, Dorette Badenhorst oorneem. NWU Netbal het via hulle Facebookblad verlede week aangekondig dat die welbekende Du Plessis, wat die NWU as hoofdoel vanaf 2007 tot 2014 verteenwoordig …

Huis is waar jou hart lê en vir Elsunet du Plessis is dit die NWU-Pukke waar sy nou as die nuwe hoofafrigter die leisels by haar voormalige afrigter, Dorette Badenhorst oorneem.
NWU Netbal het via hulle Facebookblad verlede week aangekondig dat die welbekende Du Plessis, wat die NWU as hoofdoel vanaf 2007 tot 2014 verteenwoordig het, nou as hoofafrigter die span onder haar vlerk vanaf 1 Januarie 2018 sal neem.

“Ek is baie opgewonde om terug te keer na die NWU-Puk toe waar ek voorheen as speler soveel sukses behaal het. In ‘n mate glo ek dat dit makliker is om in te skakel omdat ek met die sisteme en kultuur bekend is. My hart is hier en ek is ook ontsettend dankbaar vir die geleentheid,” noem Du Plessis.

Daar bestaan nie ‘n vraag oor Du Plessis se ervaring en sukses as speler nie, nadat sy op beide provinsiale (2006-2015) en nasionale vlak (2010-2016) lof vir haar vertoning verkry het. Dit sal wel interessant wees om te sien hoe Du Plessis in haar eerste groot pos as afrigter vaar, veral na die goeie werk wat Badenhorst ingesit het. Du Plessis is wel nie ‘n groentjie in die afrigtingswêreld nie en het voorheen die NWU se o.19 en o.21 spanne na nasionale titels afgerig.
Sy was ook die afgelope twee jaar hoofafrigter by Crawford College North Coast (KZN) en The Wykeham Collegiate. Tog is top universiteitsnetbaltoernooie soos die Varsity Netbaltoernooi en die USSA’s ’n perd van ’n ander kleur.

“Ek het ‘n twee jaar kontrak, so my hoofdoel vir nou sal wees om myself te vind en met die spelers bekend te raak, en dan natuurlik my eie stempel af te druk. Dot (Dorette Badenhorst) het my ook baie geleer en ek voel ek en sy het baie dieselfde afrigtingstyle. Sy is ‘n groot invloed. Die oorskakeling gaan ‘n uitdaging wees, maar ek is gereed om myself te toets en te bewys,”

Volgens die bestuurder van Vrouesport op die NWU Potchefstroomkampus, Helene Botha, is Du Plessis die beste moontlike kandidaat om die klub vorentoe te neem weens haar uitstekende netbalkennis, spelerverhoudinge en meestersgraad in Sportwetenskap onder andere.
“Ons het geen twyfel dat sy as persoon en afrigter die afgelope tyd ontsettend gegroei het nie. Sommige mense mag sê dat sy groot skoene moet volstaan, maar ek glo dat Elsunet haar eie pad sal loop.

Sy is beginselvas, regverdig en ’n ongelooflike hardwerkende persoon. Die spelers kyk op na haar en haar deursettingsvermoë is iets wat sy na die klub en spelers toe bring. Ons wens haar alle sterkte toe,” het Botha genoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button