SportSport

Potchefstroom Rolbalklub se mansspan speel uitstekende rolbal

Die Potchefstroom Rolbalklub se manspan het verlede Saterdag behoorlik afgereken met die Noordwes rolbal se Premierligavoorlopers Parys, afgereken. Die Potchefstroomspan het al vier dissiplines gewen en met 10 ligapunte huis toe gekom. Parys moes met leë hande afstap en het die voortou in die liga aan Strathvaal se mans afgestaan. Potchefstroom se span is met …

Die Potchefstroom Rolbalklub se manspan het verlede Saterdag behoorlik afgereken met die Noordwes rolbal se Premierligavoorlopers Parys, afgereken.
Die Potchefstroomspan het al vier dissiplines gewen en met 10 ligapunte huis toe gekom. Parys moes met leë hande afstap en het die voortou in die liga aan Strathvaal se mans afgestaan. Potchefstroom se span is met 19 punte in die derde plek, met Parys tweede.
Vir die oorwinning het Pierre Breitenbach met sy mede-Protea, George Lotter, in die enkelspel afgereken. Daarna het hy hande gevat met Smittie Smit om die pare te wen. In die driespel het Ronnie Palmer, Jean du Plessis en Gerrit J. van Rensburg gewen en Smit het toe met hulle saamgesnoer om ook die vierspel te wen.
Die tweede laaste ronde vind Saterdag by Strathvaal plaas waar Potchefstroom teen Klerksdorp 2 speel.
Potchefstroom Rolbalklub se vrouespan lê in die derde plek in die Premierliga en het Saterdag teen Parys, die voorlopers, verloor. Strathvaal se vrouespan is tweede. Die volgende ronde word Saterdag by die Potchefstroom Rolbalklub gespeel en die Potchefstroom vroue speel teen La Farge.
Die Buiteklub se vrouespan in dié liga moes die knie buig voor Strathvaal en is in die vyfde plek met 7 ligapunte, 18 punte agter Strathvaal. In die mans eersteliga is die Buiteklub se span onder aanvoering van Ian Nieuwoudt tweede in seksie 1 van die liga.

Sport

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button