SportSport

Potch Dorp Rugbyklub vereer hulle topspelers

Potch Dorp Rugbyklub se topspelers is op Vrydag 20 Oktober by ‘n formele prysuitdelingsfunksie by die klub vir hulle uitstekende vertoning in die bekende maroentruie vereer. Die mans- en damespanne het vanjaar ‘n paar uitblinkers gehad wat die klub met trots en eer verteenwoordig het. Michael-Hugo Schreiber is as die klub se Speler van die …

Potch Dorp Rugbyklub se topspelers is op Vrydag 20 Oktober by ‘n formele prysuitdelingsfunksie by die klub vir hulle uitstekende vertoning in die bekende maroentruie vereer.
Die mans- en damespanne het vanjaar ‘n paar uitblinkers gehad wat die klub met trots en eer verteenwoordig het.
Michael-Hugo Schreiber is as die klub se Speler van die Jaar aangewys, terwyl die vroue Luiperds-speler, Verana van Heerden, erekleure ontvang het.
Van Heerden is ook die eerste vrou wat erekleure by Potch Dorp kry, na haar insluiting in die Springbok Vroue Sewesspan vanjaar. Die klub bedank Cell C vir hul suksesvolle borgskap hierdie afgelope seisoen.

Hier is die volledige lys wenners:

Dames:

Beste voorspeler: Lizzie Diseko

Beste agterspeler: Chandre Africa
Mans:

Beste juniorspeler: Tshiamo “TK” Ntasi

Beste seniorspeler: Ruan Janse van Vuuren

Mees toegewyde speler: Deon van Zyl

Speler van die Jaar: Michael-Hugo Schreiber

Erekleure: Verana van Heerden

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button