NWU-Junior Swemklub bied suksesvolle Junior-liga aan
Die NWU-Junior Swemklub het onlangs ‘n baie suksesvolle eerste Junior- liga galareeks vir swemmers tussen die ouderdom 6 tot 13 jaar aangebied. Die doel was om ‘n geleentheid aan jong swemmers te bied wat nie noodwendig aan ‘n swemklub behoort nie, om aan ‘n formele swemgala deel te neem. Geregistreerde Vlak 1- en paralimpiese swemmers …
Die NWU-Junior Swemklub het onlangs ‘n baie suksesvolle eerste Junior- liga galareeks vir swemmers tussen die ouderdom 6 tot 13 jaar aangebied.
Die doel was om ‘n geleentheid aan jong swemmers te bied wat nie noodwendig aan ‘n swemklub behoort nie, om aan ‘n formele swemgala deel te neem.
Geregistreerde Vlak 1- en paralimpiese swemmers kon ook hiervoor inskryf. Die eerste twee galas in die reeks is vroeg in die swemseisoen by die verhitte swembad van die Potchefstroom High School for Girls aangebied. Die kampioenskappe self is in November by die swembad van Potchefstroom Gimnasium aangebied.
Behalwe vir die medaljes wat telkens aan die eerste drie plekke in die onderskeie items by al drie galas toegeken is, het swemmers wat die meeste punte tydens die reeks in die verskillende ouderdomsgroepe behaal het, ook medaljes ontvang (seuns en dogters afsonderlik). Die beste drie swemmers van die reeks het in die onderskeie kategorieë ook elk ‘n wisseltrofee ontvang. Die galas is wyd en syd ondersteun en die reeks was sonder twyfel ‘n groot sukses. Dié swemklub beoog om hierdie reeks ‘n jaarlikse instelling te maak.






