Moenie die Promosa Atletiekklub se eerste pretdraf Saterdag misloop nie!
Die nuutgestigte Promosa Atletiekklub bied Saterdag 16 Desember hulle eerste pretdraf aan. Deelnemers van alle ouderdomme kan aan ‘n opwindende 5 kilometer-wedloop deelneem. Hierdie wedloop gaan deur die strate van Promosa plaasvind en skop by die Promosa-stadion in Parkstraat af. Volgens die voorsitter van die klub, Melvin Diedericks, is die wedloop gratis. “Daar is geen …
Die nuutgestigte Promosa Atletiekklub bied Saterdag 16 Desember hulle eerste pretdraf aan.
Deelnemers van alle ouderdomme kan aan ‘n opwindende 5 kilometer-wedloop deelneem.
Hierdie wedloop gaan deur die strate van Promosa plaasvind en skop by die Promosa-stadion in Parkstraat af.
Volgens die voorsitter van die klub, Melvin Diedericks, is die wedloop gratis.
“Daar is geen is inskrywingsgeld betrokke nie en deelnemers kan hierdie Saterdag eenmalig verniet by ons klub registreer,” het hy verder genoem.
Daar gaan ook 18 kategoriewenners wees, wat laerskool-, hoërskool- en ‘n oop-afdeling sal insluit.
Die wedloop begin om 08:00 en deelnemers kan reeds vanaf 07:00 registreer.




