SportSport

NWU benodig ’n sterk vertoning teen CUT hierdie Maandag in Varsitybekerstryd

Eerskomende Maandagaand, 29 Januarie gaan ‘n splinternuwe weergawe van die Varsitybeker afskop met die NWU wat op hulle tuisvesting vir die onvoorspelbare CUT aanvat. Daar kan dalk twee gevolgtrekkings gemaak word rondom hierdie wedstryd wat op die Fanie du Toit Sportgronde gaan plaasvind. Eerstens mag dit ‘n geval wees van CUT se lammers wat vir …

Eerskomende Maandagaand, 29 Januarie gaan ‘n splinternuwe weergawe van die Varsitybeker afskop met die NWU wat op hulle tuisvesting vir die onvoorspelbare CUT aanvat.
Daar kan dalk twee gevolgtrekkings gemaak word rondom hierdie wedstryd wat op die Fanie du Toit Sportgronde gaan plaasvind. Eerstens mag dit ‘n geval wees van CUT se lammers wat vir die Pukke se honger wolwe gegooi gaan word. Veral nadat die NWU ‘n baie sterk voorseisoen beleef het en ook die verdedigende kampioene, Tukkies, in ‘n oefenwedstryd geklop het.
Tweedens kan CUT ook net vir ‘n opskudding sorg, aangesien nie baie van die Vrystaatse manne verwag word nie. Die NWU sal moet waak teen oorgerustheid en niks minder as ‘n sterk oortuigende oorwinning sal die plaaslike studente op die pawiljoen tevrede stel nie.

Tiaan Bezuidenhout gaan die leisels neem vir die eerste wedstryd met sy adjudant, Chriswill September wat genoegsame ervaring in die nommer 9 trui sal bied.  Schalk Hugo sal die nommer 10 trui dra om sy sterk vennootskap met September te behou.
Bezuidenhout was vol selfvertroue by die bekendstelling van vanjaar se Varsitybeker en glo dat sy span gereed is vir CUT in die openingswedstryd.

“Ons kan baie uit ons oefenwedstryde teen Tukkies en TUT vat. Ek dink ons het veral goeie besluite op die Powerplay-fase gemaak en gesien wat vir ons goed werk,” het die kaptein genoem.

“Ek is opgewonde oor die CUT-wedstryd, veral omdat ons voor ons tuisskare speel. Ons het ons navorsing oor CUT gedoen, maar omdat dit die eerste wedstryd is, is dit nog moeilik om te weet waar elke span is. Ons sal ons beste gee.”
Bezuidenhout het ook gemaan dat soveel ondersteuners as moontlik die Fanie du Toit Sportgronde moet volpak Maandagaand.

“Kom uit en geniet dit. Ek dink veral die eerstejaars gaan daardie Varsitybeker-atmosfeer geniet. Dit sal lekker wees om almal daar te sien.”

Volgens CUT se kaptein Rayno Nel, glo hy nou weer dat spanwerk en goeie spangees sy span ‘n moeilike opponent gaan maak. “Alles is 100% reg vir Maandag se wedstryd en ons sien baie uit daarna. Ons sterkpunt is dat ons span goed gevorm is en ons groei elke jaar,” noem hy.

Die wedstryd skop om 18:30 af

NWU se beginspan teen CUT:

15. Tapiwa Mafura; 14. Dean Gordon, 13. Evardi Boshoff, 12. AK Nela, 11. Dean Stokes; 10. Schalk Hugo, 9.  Chriswil September; 8. Tiaan Bezuidenhout (kaptein), 7. Estehan Visagie, 6. Gideon van der Merwe, 5. Walt Steenkamp, 4. Johan Retief, 3. Theodore Ferreira, 2. Percy Mngadi, 1. Morné Strydom.

Reserwes: 16. Louis van der Westhuizen, 17. Nelius Theron, 18. Duren Fielies, 19. Edward Haas, 20. Nkosana Mthaba, 21. Henko Marais, 22. Jimmy Mpailane, 23. Robert Hunt.

Mall

PNP

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button