
Die Eerstejaarsnetbaltoernooi vind vanaand by die Fanie du Toit sportgronde plaas.
Dinki dameskoshuis staan ‘n kans om dié toernooi vir ‘n derde agtereenvolgende jaar te wen. Bellatrix, wat verlede jaar naelskraap verloor het, kan dalk vanjaar teen hulle mede dorpskoshuis wraak neem.
Die diepte binne die netbal sisteme is verlede jaar deur Helene Botha, bestuurder van Damessport op die NWU-Puk, geprys. Daar was verlede jaar ongeveer 3500 toeskouers.
Die toernooi sou op 26 Januarie plaasvind maar het uitgereën. Almal hou die weer dop in die hoop dat dit nie vanaand weer reën nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




