SportSport

Brand en Bosch breek NWU se harte in Varsity Krieket-finaal op Senwes Park

Tukkies is die 2018 Varsity Krieket kampioene nadat hulle die NWU in ‘n naelbytstryd met 5 paaltjies in die laaste boulbeurt geklop het. Niel Brand het vir die vuurwerke gesorg met ‘n onoorwonne 59 (55) wat Tukkies na ‘n oorwinning gelei het. Corbin Bosch het ook ‘n uitstekende 41 (22) aangeteken. NWU het hulle beste …

Tukkies is die 2018 Varsity Krieket kampioene nadat hulle die NWU in ‘n naelbytstryd met 5 paaltjies in die laaste boulbeurt geklop het.

Niel Brand het vir die vuurwerke gesorg met ‘n onoorwonne 59 (55) wat Tukkies na ‘n oorwinning gelei het. Corbin Bosch het ook ‘n uitstekende 41 (22) aangeteken.

NWU het hulle beste probeer, maar hulle het net te min lopies aangeteken in hulle beurt van 154/4 en kon nie Tukkies stuit nie wat 157/5 as die wentelling aangeteken het.

Dit was ‘n wedstryd wat enige kant toe gegaan het, maar dieregte  oomblikke het net nie na die tuispan se kant toe geswaai nie.

NWU het eerste gekolf met die openingspaar, Shane Dadswell en Janneman Malan wat sake goed begin het.

Hulle het ‘n 47 lopie vennootskap aanmekaar geslaan om die eerste paaltjie voordat Gideon Pieters van Dadswell ontslae geraak het.

Tukkies se boulers het wel ook goed begin om die lopietempo  so laag as moontlik te kon hou. Die draaiballe van Niel Brand (2/21) en Donovan Ferreira.

Brand het toe danksy flink werk agter die paaltjies van Bredenkamp vir 1 terug kleedkamer toe gestuur.

Teen die strategiebreek was die NWU op 62/2 na 10 boubeurte en ‘n goeie venootskap tussen Malan en Ruan Haasbroek (48 van 36) was broodnodig om NWU momentum te gee. Hierdie twee het 50 lopies bymekaar getimmer voordat Malan sy paaltjie vir 53 verloor het. ‘n Paar groot houe van Haasbroek en Jovaun van Wyngaardt het die telling tot 155/4 gestoot.

Die NWU het die perfekte begin gehad toe Haasbroek vir De Zorzi been voor paaltjie vir 0 betrap het.

Die boulwerk van Julian Soutter het toe deurbraak gemaak toe hy van Mitchell van Buuren en die gevaarlike, Ruben Hermann op amper dieselfde wyse ontslae geraak het. Albei kolwers het die bal in die lug gemoker met Katleho Leokaoke wat uitstekende vangskote benut het.

NWU se draaiers was uitstekend gewees, maar Brand en Bosch het puik gespeel en die Powerplay Plus beurt goed benut om die voortou te neem.

Bosch se sesse en viere aan die einde van die stryd was die doodsteek vir die tuisspan.

Mall

PNP

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button